Deur Isaac Cloete
Postmansburg:-
Noordkaap:- ‘N familie is teen die grond nadat die erg ontbinde lyk van hul vermiste gevind is.
Dit nadat n gesonde Gershin Gainsford (27) in Maart hulle huis op Postmansburg in die Noord-Kaap verlaat het. Sedertdien was hy nooit weer gesien nie. Sy verdwyning was hierna aangemeld.
Verlede week moes die familie verneem dat n ontbinde lyk van n onbekende man, al vir vyf maande by die lykshuis in Kuruman gelê het.
‘n Erg emosionele niggie van Gershin, Shaunize Olivier, het vertel:
“Nadat hy vir so lank, nie navore gekom het nie, het ek begin rondvra of rondgebel. Uiteindelik het n polisieman my laat weet dat hy bewus is van n ongeȉdentifiseerde lyk.
“Hy het toe vertel van foto’s van n ongelukstoneel en n oorledene. Nadat ons foto’s van Gershin met foto’s van die persoon in ongeluk, vergelyk het, het ons my neef, so uitgeken.”
Die familie moes verder verneem dat n goedere trein al rondom 27 Maart n man in Postmansburg doodgery het. Daar was toe aanlyn berig dat die persoon op die spoor gelê het. Na die slag was sy liggaam aam skerwe geruk.
Die Gainsford-familie was egter nooit bewus nie dat dit hy was. Ook nie eens die polisie nie het blykbaar geweet, wie dit was.
Olivier het verder genoem dat hulle orals na hom gesoek het, omdat selfs nie eens sosiale media na die ongeluk verwys nie.
Intussen word baie vrae rondgegooi oor hoedat die polisie die voorval hanteer het. Inwoners voel dat die polisie van Postmansburg, wat n klein plekkie is, nie genoeg vir die familie gedoen het nie. Hulle wil ook weet hoekom die liggaam in n lykshuis ontbind het.
Woensdag-oggend was n noodbegrafnis vir Gershin gehou waartydens sy ontbinde liggaam ter ruste gelê is. Saterdagoggend was die begrafnis hervat en voltooi.
Yvette Jaars, Gershin se mammie, was nog te emosioneel om met die media te praat,
Volgens Gershin se stiefpa, Mothusi “Boy-Boy” Motlhagodi, is die familie nie gelukkig nie oor hoedat die Postmansburgpolisie die saak hanteer het.
“Die polisie ken vir Gershin, want hulle arresteer hom gereeld.Hoe kon hulle nie vir vyf maande geweet het dit was hy nie. Die polisie was baie nalatig.”
Motlhagodi vermoed dat Gershin moontlik vermoor was omdat sy hande vasgebind was. Ook omdat hy aan die treinspoor vasgebind gevind was nadat die trein oor hom gery het.
Volgens polisie-woordvoerder, sers Timothy Sam, is die Postmansburgpolisie besig met n geregtelike doods-ondersoek. “Aanvanklik kon die polisie nie die liggaam identifiseer nie weens sy ontbinde vorm. Eers op 29 Augustus kon hulle die oorledene se familie opspoor. Die ondersoeke duur intussen voort.”
Foto verskaf – Gershin Gainsford

