Verslaggewer – George C April
Kaapstad:- ’N gesteelde voertuig van Grassy Park is onlangs gebruik in ’n gewapende rooftog.
Maar danksy vinnige en slim optrede van verkeersdienste, is al vier verdagtes binne ure in hegtenis geneem!
Misdadigers probeer dikwels hul identiteit verberg deur gesteelde voertuie te gebruik en registrasie nommers te verander, maar Kaapstad se handhawings personeel werk sonder ophou om gemeenskappe veilig te hou.
Hierdie suksesvolle inhegtenisneming bewys die krag van samewerking tussen handhawings personeel, gemeenskap veiligheids strukture en die SAPS. Kaapstad hou aan om die hoogste herwinningsyfer van gesteelde voertuie in die land te handhaaf!
#MisdaadVoorkoming #Gemeenskapsveiligheid #Wetstoepasing