Kaapstad se Behuisingskrisis
CCN Nuus
Weskaap:- Die Kaapse middestad se haweloosheidskrisis word steeds gekenmerk deur mense wat herhaaldelik verskuif word, terwyl openbare ruimtes met heinings afgesluit word.
Hierdie maatreëls spreek nie die kernprobleem aan nie: ’n kritieke tekort aan goed-geleë, bekostigbare behuising met sekerheid van verblyf.
Volgens wet moet die Stad alternatiewe akkommodasie bied wanneer uitssettings plaasvind, en mense andersins haweloos gelaat word. In die praktyk beteken dit meestal net ’n beperkte verblyf, by die Stad se sogenaamde Safe Space-skuilings. Hierdie ruimtes bied net tydelike akkommodasie, sonder ’n pad na langertermyn of permanente behuising in die middestad. Dit dwing mense om weer strate of verlate geboue te beset.
’n Voorbeeld hiervan is die inwoners van Irene Grootboom-huis en Elwyn Court in Vredehoek. Albei geboue is lank deur die Departement van Openbare Werke verwaarloos, totdat gemeenskappe dit self reggemaak en bewoon het. Nou staar hulle weer uitssetting en ’n pad terug na haweloosheid in die gesig.
Queenie Mbolo, inwoner van Elwyn Court, sê:
“Ons het die plek reggemaak en ’n tuiste geskep”. “Hier is ons naby skole en werk, en mediese dienste is toeganklik.” Ons sê nee vir verdere verskuiwings, hierdie is reeds ons huise.”
Lorenzo Johnson van Ndifuna Ukwazi beklemtoon:
“Die protes van gister roep vir werklike gesprek oor ordentlike behuising wat menswaardigheid bevorder. “Skuilings is reeds oorvol. “Die hawelose gemeenskappe ken hul eie behoeftes en moet betrek word.”
“‘Niks oor ons – sonder ons’.”
Die protes van 20 Augustus bring mense van Salt River, Woodstock en die middestad saam, wat die Stad Kaapstad oproep om saam met gemeenskappe oplossings te skep.
Hierdie naweek, 22 en 23 Augustus, sal Ndifuna Ukwazi saam met vennote die Urban Land Justice Gathering by die Waterfront aanbied. ’N gesprek oor die herverdeling van grond en die dringende behoefte aan regverdige stedelike behuising.
www.nu.org.za

