Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Suksesvolle Polisie – Operasie

Posted on August 22, 2025 By The Editor
Headline

Teen Onwettige Sigarette

Berig – Felicity Jooste

Colesberg:- ’N multidissiplinêre interprovinsiale operasie, waaraan lede van die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat deelgeneem het, het Woensdag, 20 Augustus 2025, ’n groot deurbraak gemaak teen die handel en verspreiding van onwettige sigarette in en om Colesberg.

Volgens die polisie is die aksie geloods nadat inligting oor onwettige handel ontvang is.  Lede van Colesberg SAPD, Kuyasa SAPD, Misdaadintelligensie en SARS Doeane het toe opgetree en ’n algemene handelaar in Kerkstraat, Colesberg, deursoek. ’n Lasbrief vir die deursoeking is verkry en uitgevoer, waarna smokkel-sigarette ter waarde van sowat R370 000 in beslag geneem is.

’n Vragmotor wat langs die winkel geparkeer was, het ook die aandag van die span getrek. By die deursoek daarvan is ’n verdere vrag smokkel-sigarette, met ’n geraamde waarde van R2,5 miljoen, gevind en gekonfiskeer. Die vragmotor is saam met die sigarette in beslag geneem.

Die operasie is daarna voortgesit by ’n vulstasie in Stasieweg, Colesberg, waar nog ’n klomp smokkel-sigarette, ter waarde van ongeveer R590 000, ontdek is.

In totaal beloop die waarde van die beslagleggings sowat R7,5 miljoen, insluitend die vragmotor.

Die polisie beklemtoon dat sulke gesamentlike operasies ’n sterk boodskap stuur dat onwettige handel nie geduld sal word nie.

#StopIllicitTrade

 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Tragic Shooting in Kraaifontein Leaves Community in Shock
Next Post: Onophoudelike Uitsettings – Geen Werklike Oplossings ❯

You may also like

Headline
 #JoshlinSmithTrial  – Testimony Raises Questions About Credibility
March 24, 2025
Headline
Life Sentences for Killers – Law Enforcement Officcers
May 22, 2025
Headline
“Community Takes Stand Against City’s “Unlawful, Unsafe” Big Bay Development Framework”
December 1, 2025
Headline
Varke Word Beter Behandel as Plaaswerkers
May 27, 2025

Recent Posts

  • Flames of the Winelands
  • Munisipale Werker Ontkom Nou-Net-Dood-Ongeluk
  • Urgent Community Call
  • Brand bo Franschhoek Woed Buite Beheer
  • Concerns Mount Over Alleged Migrant Abuse in Clanwilliam Police Custody

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown