Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Kropz en Trollope Swyg oor beweerde Selektiewe Dissipline

Posted on August 31, 2026 By The Editor
Headline

 En Plaaslike Indiensneming by Elandsfontein-myn

Hopefield:-  Werkers by die Elandsfontein-fosfaatmyn en lede van die Hopefield-gemeenskap is toenemend gefrustreerd oor wat hulle as partydige en onkonsekwente behandeling van werknemers beskou, veral tussen senior personeel van Kropz en subkontrakteur Trollope en gewone werkers.Cape Coast News het vroeg in Augustus ’n formele media-navraag aan beide maatskappye gerig oor ’n voorval op 19 Julie 2026. ’n Trollope-werker het volgens werkers ’n asemtoets by die hek misluk (“rooi geblaas”). Volgens die maatskappy se eie reëls behoort so ’n oortreding tot onmiddellike ontslag te lei.

Die man is deur sekuriteit beveel om die perseel te verlaat, maar is later na bewering deur ’n vroulike kollega op die R45 opgelaai, in die agterkant van ’n voertuig weggesteek en terug die mynperseel op geneem.

Toe die saak later aan die lig gekom het, is die man slegs vir een week geskors en daarna weer toegelaat om te werk. Die vroulike werker het na bewering slegs ’n skriftelike waarskuwing ontvang. Werkers wys daarop dat ander werknemers in die verlede vir dieselfde of soortgelyke oortredings summier afgedank is.

Geen reaksie van maatskappye

Beide Kropz en Trollope is ’n volle geleentheid gegun om op die bewerings te reageer. Teen die sperdatum, en nou al weke later, het nie een van die twee maatskappye ’n antwoord verskaf nie. Hierdie stilswye laat nog meer vrae ontstaan oor deursigtigheid en konsekwente toepassing van dissiplinêre beleid.

Plaaslike werkers voel uitgesluit

Die situasie word verder vererger deur griewe oor plaaslike indiensneming. ’n Vroulike werker wat vrywillig bedank het nadat sy self ’n asemtoets misluk het, is na bewering belowe dat sy na ses maande weer kon aansoek doen. Ondanks verskeie oop poste by die myn, het sy tot dusver geen reaksie op haar aansoeke ontvang nie.

Verskeie Hopefield-inwoners sê hulle kry nie ’n regverdige kans wanneer hulle vir poste aansoek doen nie. Baie wys daarop dat selfs die Community Liaison Officer (CLO) nie van Hopefield is nie, en dat plaaslike mense gereeld oor die hoof gesien word.

Ironies genoeg is die man wat op 19 Julie “rooi geblaas” het en skelm terug die perseel opgeneem het, ook nie van Hopefield nie.   Tog is hy na slegs een week se skorsing weer toegelaat om te werk.

“Dit voel of die reëls net vir sekere mense geld,” sê een werker wat nie geïdentifiseer wil word nie. “As jy nie die regte kontakte het nie, is jy uit.”

Patroon van beweerde onkonsekwentheid

Werkers sê die jongste voorval pas in by ’n wyer patroon waar dissiplinêre stappe selektief toegepas word.  Hulle verwys na vorige gevalle waar sommige werkers streng gestraf is, terwyl ander vir soortgelyke oortredings ligter behandel is.

Cape Coast News het beide maatskappye weer om kommentaar genader.   Teen publikasie het geen amptelike reaksie ingekom nie. Die stilte van Kropz en Trollope laat die gemeenskap en werkers met meer vrae as antwoorde.

Hopefield-inwoners sê hulle sal aanhou om regverdige behandeling en gelyke geleenthede vir plaaslike werksoekers te eis.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Springboks Hold Off All Blacks Fightback
Next Post: Kropz and Trollope Remain Silent ❯

You may also like

Headline
Dood van Polisie – Egpaar Skok Namakwaland
May 6, 2026
Headline
Uber Driver Jack Muganyi Found Murdered
February 14, 2025
Headline
Bergrivier Munisipaliteit Skitter by Nationale Goeie Bestuur – Toekennings
November 4, 2025
Headline
Police Uncover Illegal Firearm Network in Lentegeur
March 24, 2025

Recent Posts

  • Kropz and Trollope Remain Silent
  • Kropz en Trollope Swyg oor beweerde Selektiewe Dissipline
  • Springboks Hold Off All Blacks Fightback
  • Public Order Police Arrest Suspect
  • 39-Jarige Citrusdal Man in Hof

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown