Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Onwettige Drankwinkels Gesluit in Tuinroete

Posted on August 4, 2025August 5, 2025 By The Editor
Headline

Meer as 400 liter drank gekonfiskeer.

Verslaggewer -George April

Die polisie se volgehoue pogings om misdaad in die Tuinroete-distrik hok te slaan, het goeie vrugte afgewerp toe ses onwettige drankverkope gesluit is en meer as 414 liter drank gekonfiskeer is.

Op Vrydag, 1 Augustus 2025 omstreeks 12:00 het lede van die Kwanonqaba-polisie, gewapen met ’n deursoekings lasbrief, toegeslaan op ’n woning in Fikilestraat, Asla Park, na inligting van die gemeenskap ontvang is. Die perseel het as ’n onwettige shebeen gefunksioneer. Tydens die deursoeking is 48,75 liter drank ontdek en onmiddellik gekonfiskeer. ’n 28-jarige man is in hegtenis geneem op ’n aanklag van die verkoop van drank sonder ’n lisensie.

Later dieselfde dag het lede van die Plettenbergbaai Misdaadvoorkomingseenheid ’n operasie uitgevoer in Bloekomstraat, The Crags, net buite Plettenbergbaai. Daar is verskeie dranksoorte gevind wat altesaam 271 liter beloop. ’n 42-jarige vrou is in hegtenis geneem en sal ook aangekla word van onwettige drankverkope.

Soortgelyke operasies is ook in Oudtshoorn en Kwanokuthula uitgevoer, waar kleiner hoeveelhede drank gekonfiskeer is.

Al die verdagtes sal in die hof verskyn sodra formele klagte teen hulle aanhangig gemaak is.

Hierdie operasies vorm deel van die polisie se aanhoudende pogings om alkoholmisbruik uit te roei en gemeenskappe veiliger te maak. Die fokus op onwettige drankverkope vorm ’n kernaspek van “Operasie Basadi”, wat landswyd uitgebrei word gedurende Vrouemaand.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Scary But True – Western Cape Drowning in Bloodshed
Next Post: Kaapse Inwoner Slaan Alarm – “Genoeg is Genoeg” ❯

You may also like

Headline
Suksesvolle Multi-Dissiplinêre Operasie in Namakwa-distrik
December 16, 2025
Headline
Misdaad Bende Gestop in Claremont
October 5, 2025
Headline
High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members
January 30, 2026
Headline
Khayelitsha Murder Suspect Finally Arrested
September 24, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown