Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Bedreigde Plante Gekonfiskeer – Verdagte in Hegtenis

Posted on October 21, 2025October 21, 2025 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK: – Die waaksaamheid en vinnige optrede van lede van die Delta Peloton van Springbok Openbare Orde Polisiëring tussen 20 en 21 Oktober 2025, het gelei tot die inhegtenisneming van ’n 44-jarige man en die beslaglegging van ’n groot hoeveelheid beskermde plantspesies.Volgens die polisie was die lede op voetpatrollie in Springbok se sentrale sakekern, toe hulle die verdagte by ’n vulstasie in Voortrekkerstraat gearresteer het.  Die arrestasie het plaasgevind tydens ’n roetine-stop-en-deursoekingsoperasie, waar die man gevind is met verskeie plante wat in ’n SASKO-meelsak versteek was binne sy reissak.

Die waarde van die beskermde plante word as aansienlik beskryf.  Die verdagte sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.

Brigadier Schalk Andrews, distrikskommissaris van Namakwa, het die lede geloof vir hul waaksaamheid en gewaarsku dat die polisie sy pogings sal verskerp, veral namate die feestyd naderkom.

“Ons sal nie toelaat dat die smokkel, vervoer of handel in beskermde fauna en flora voortduur nie.  Die polisie is vasberade om alle vorme van misdaad, insluitend dwelms, onwettige vuurwapens, gesteelde goedere en ander verbode items, te bekamp deur beslissende optrede en noue samewerking met gemeenskappe,” het brigadier Andrews gesê.

 Plaaslike inwoners het hul misnoeë uitgespreek oor die voortgesette stropery van Namakwaland se unieke plantegroei.

“Welgedaan!  Namakwaland word kaal gestroop en die verwoesting (maar net een nagevolg) word eksponensieel versnel.  As mense maar net sal besef dat die stroping van ons plante ook die einde van toerisme-inkomste tot gevolg kan hê,” het Nicky Markram-Morris op sosiale media geskryf.

Nog ’n plaaslike inwoner, Xhánti Koi, het bygevoeg:

“Expose the corrupt and greedy.”

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Twede Vroue Moord in Elsiesrivier Skok Gemeenskap
Next Post: Four Prisoners Escape from Wynberg Holding Cells ❯

You may also like

Headline
Youth Month Hero Spotlight –  Constable Kwyô Louw
June 10, 2025
Headline
Breaking News – Follow-Up
November 18, 2025
Headline
Corruption Sparks in Pollsmoor
April 10, 2025
Headline
“Community Takes Stand Against City’s “Unlawful, Unsafe” Big Bay Development Framework”
December 1, 2025

Recent Posts

  • Kropz Elandsfontein Mine Strike Enters 2nd Week
  • Manhunt Underway after Four Shot Dead
  • Van Straat na Springbok Droom
  • Gulf Oil Giants Turn Backs on America
  • Metrorail Service Disruption on Central Line

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown