Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Die Van Rhynsdorp Kopseer

Posted on March 26, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

Van Rhynsdorp – Die gemeenskap van Van Rhynsdorp is geskok oor ‘n ernstige klag wat ingedien is teen ‘n plaaslike hoërskool, na beweerde gevalle van boeliegedrag, fisiese aanranding en onbehoorlike dissipline deur skoolpersoneel.

Die voorval het wyd reaksie uitgelok en het nou die aandag van wetstoepassing owerhede getrek.

Volgens die polisie-woordvoerder, Kaptein FC van Wyk, is ‘n algemene saak van aanranding geopen ná ‘n voorval wat tussen 3 Maart 2025 om 08:00 en 7 Maart 2025 om 14:00 tydens klas plaasgevind het. Berigte dui daarop dat ‘n onderwyser ‘n 14-jarige leerder in die klas met ‘n stok geslaan het, nadat hy glo grappies oor haar handskrif gemaak het terwyl sy langs hom gestaan het. Die leerder het die voorval by die skoolhoof aangemeld, maar volgens haar familie is daar nie doeltreffend opgetree nie.

Die ma van die leerder het reeds ‘n formele klag by die polisie ingedien en dring aan op ‘n deeglike ondersoek. Tot op hede is niemand in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort. Kaptein Van Wyk het versoek dat die gemeenskap en betrokke partye die ondersoekbeampte toelaat om sy taak ongehinderd uit te voer.

Benewens die polisieklag, is ook ‘n skriftelike klag ingedien by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WCED) en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Daar word steeds gewag op ‘n formele reaksie van beide instansies rakende die bewerings en hoe die situasie hanteer gaan word.

Hierdie is nie die eerste voorval van beweerde mishandeling en boeliegedrag by die betrokke skool, wat onder die aandag van die media gebring is nie. Die gemeenskap eis nou duidelike optrede en ‘n aksieplan om seker te maak dat leerders veilig is en regverdig behandel word.

Cape Coast News sal hierdie saak fyn dophou en verdere opdaterings gee soos die ondersoek vorder.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Bergsig – Molesteerder skuldig bevind
Next Post: Gayton – We Walked with You ❯

You may also like

Community
Sy Laaste Asem op Valhalla-rylaan Uitgeblaas
November 7, 2025
Community
Two Killed in Portlands Shooting
August 21, 2025
Community
Tweede suksesvolle klopjag in Factreton
January 30, 2026
Community
Fatal Shooting of Brothers in Khayamandi
July 11, 2025

Recent Posts

  • (no title)
  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown