Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Geregtigheid Vir Joshlin

Posted on May 2, 2025 By The Editor
Headline

Drie Skuldig Bevind in Skokkende Saak van Mensehandel en Ontvoering

Berig – Ashley Rix

Kaapstad:- Met trane in hul oë en swaar harte het  gemeenskappe vandag gehoor dat die drie beskuldigdes in die saak van die vermiste Joshlin Smith,  𝘢𝘭𝘭𝘦𝘮𝘢𝘭 𝘴𝘬𝘶𝘭𝘥𝘪𝘨 bevind is op twee ernstige aanklagte, nl.  Mensehandel (Count 1) en Ontvoering (Count 2)

Hier volg ’n opsomming van die beskuldigdes

 Beskuldigde 1 – Jacquin Boeta Appollis
* Kelly Smith se boyfriend
*  Skuldig op albei aanklagte
*  Het ’n vorige skuldigbevinding vir roof
*  Onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit

Beskuldigde 2: Steveno Van Rhyn
– Vriend van beide Kelly en Jacquin
– Skuldig op albei aanklagte
– Verskeie vorige sake teen hom op rekord
– Ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit

Beskuldigde 3: Kelly Smith
– Moeder van Joshlin Smith
– Skuldig op albei aanklagte
– Die persoon wat veronderstel was om Joshlin te beskerm, maar haar vertroue het verrinneweer

’n Moeder, ’n Vriend, ’n Minnaar – en nou: drie skuldiges.

Wat gebeur het met Joshlin, het die hele land geruk, almal  het gehoop, gebid en geveg vir antwoorde.  Hierdie uitspraak bring ’n mate van geregtigheid, maar laat steeds ’n leemte vol vrae.

Waar is Joshlin?

Wat het regtig gebeur?

En belangriker – hoe kon dit gebeur onder die neus van ’n gemeenskap wat vir haar lief was?

📌 Hierdie uitspraak is ’n mylpaal, maar nie die einde van die pad nie.  Die vonnisverrigtinge moet nog volg, en ons sal elke stap volg.  Die gemeenskap eis nie net vonnisse nie, ons eis volle openbaring van die waarheid. 💬 “Daar is geen pyn so groot soos die stilte rondom ’n kind se verdwyning nie. Ons sal nie ophou soek nie, ons sal nie ophou praat nie.  Joshlin verdien die waarheid.

Sy verdien geregtigheid.”

🕯️ Ons staan saam met die families, gemeenskapslede en almal wat hul stemme gelig het. Hierdie donker tyd het die lig van solidariteit ontsteek — en ons sal nie rus totdat elke stukkie waarheid ontbloot is nie.

#GeregtigheidVirJoshlin   #JoshlinSmith   #OnsWilAntwoordeHê   #WaarIsJoshlin   #SkuldigBevind   #WaarheidMoetSeëvier

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Man in Court over Girls Friend’s Dead.
Next Post: Nuwe Rassekwotas en Veiligheidsregulasies – Resep vir Ekonomiese en Sosiale Ondergang ❯

You may also like

Headline
Fire Raging in Wellington Partially Contained
February 22, 2025
Headline
High-Speed Chase Ends in Arrest on Liesbeek Parkway
October 5, 2025
Headline
Body of Young Woman found Dead
March 7, 2025
Headline
Gevangenisse Ontsnap uit Hofselle
November 24, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown