Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Kersefontein: Geskiedenis, familie

Posted on November 21, 2026 By The Editor
Community

En ’n laaste groet aan Anna Julies

CCN Verslaggewer – George April

Hopefield:-  Op Saterdag 21 November 2026 het families bymekaargekom op die historiese Kersefontein-plaas om die laaste eer te betoon aan wyle Anna Julies.

Sy was ’n boorling van die plaas en is 82 jaar gelede hier gebore as deel van die Coetzee-families.
Anna word oorleef deur haar kinders, familie en haar twee oudste susters – Dina van der Heuvel (99) en Lena Coetzee (89).

Julian Melck, eienaar van Kersefontein, het in sy huldeblyk gesê: “Die vrou was deel van my grootwordjare, ’n engel met ’n hart van goud.  Sy laat ’n leemte op die plaas, iemand wat altyd daar was vir almal van ons.”
Diegene wat teenwoordig was, beskryf die byeenkoms as een van die mooiste en mees betekenisvolle huldeblyke wat hulle al bygewoon het. Dit was ’n waardige afskeid van ’n vrou wat haar lewe lank met die plaas en sy mense verbind was.
Kersefontein self is een van die oudste en mees ononderbroke familieplase in die Sandveld.

Die plaas is oorspronklik in 1744 deur die VOC aan Johannes Mijndertsz Cruywagen toegeken. Op 13 Augustus 1770 het die Duitse settelaar Martin Melck dit gekoop. Sedertdien het die plaas nooit die Melck-familie se hande verlaat nie. Vandag is Julian Melck die agtste generasie wat hier boer.
Die pragtige Kaaps-Hollandse opstal, ’n nasionale monument, dateer uit die 1770’s. Die werf met sy ou stalle, waenhuise en bygeboue lyk soos ’n klein dorpie. Die Bergrivier vloei naby verby en gee die plaas sy unieke karakter. Oor die jare is hier met perde, beeste, skape en graan geboer – ’n tradisie wat tot vandag toe voortleef.

Vir die mense van Hopefield en die omliggende gemeenskap is Kersefontein meer as net ’n historiese plaas. Dit is ’n plek waar generasies saam grootgeword het, waar hardwerkendheid en gemeenskap nog steeds saamloop, en waar mense soos Anna Julies ’n blywende plek in die hart van die plaas en sy mense gelaat het.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Geen verandering vir Kamiesberg nie?

You may also like

Community
Gang-Related Shootings Rock Western Cape Communities 
November 12, 2025
Community
Pa in Hegtenis vir Mishandeling van Baba
November 14, 2025
Community
Twee Verdagtes Vasgetrek na Rooftog – Poging
April 8, 2025
Community
Brand bo Franschhoek Woed Buite Beheer
January 20, 2026

Recent Posts

  • Kersefontein: Geskiedenis, familie
  • Geen verandering vir Kamiesberg nie?
  • BOK FRIDAY: FOUR-TIME WORLD CHAMPIONS
  • Plaaswerkers op Leeurivier nog steeds sonder krag
  • POLICE SEIZE 3 799 ILLEGAL FIREARMS

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown