Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

JOSHLIN SMITH SAAK – Nuwe Vrae Duik Op Ná Lewenslange Vonnisse

Posted on August 11, 2025August 12, 2025 By The Editor
Headlines

Berig – George April

Kaapstad:- Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het verlede week ’n swaar vonnis opgelê in die omstrede Joshlín Smith-saak.

Regter Erasmus het al drie beskuldigdes tot lewenslange tronkstraf gevonnis, met ’n bykomende tien jaar, ná hulle skuldig bevind is aan ontvoering en mensehandel.

Die datums 12 en 13 Augustus is nou gereserveer vir die aansoeke om verlof tot appèl. Alle beskuldigdes het reeds hofstukke ingedien om beide hul skuldigbevinding en vonnis aan te veg. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat hulle die appèlaansoeke gaan teenstaan, en sê hulle het volle vertroue dat daar geen redelike kans op sukses bestaan nie.

Maar dis nie al nie.

In ’n verwante saak gaan Regter Erasmus op 13 Augustus uitspraak lewer oor die lot van Lourentia Lombaard – die voormalige beskuldigde wat later as staatsgetuie opgetree het.

– Albei verhore sal in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad plaasvind.

– Wat egter die grootste verrassing veroorsaak, is bewerings dat twee van die drie veroordeeldes nou bereid is om te praat.
Die vraag is: Hoekom nou?
Hoekom nie tydens die oorspronklike verhoor nie?
Het iets verander,  en indien wel, wát?

Vir baie mense in die gemeenskap bring hierdie nuwe wending net meer vrae as antwoorde, en die hoop bly dat die volle waarheid uiteindelik na vore sal kom.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Prison Under Lockdown
Next Post: “OperationBasadi” Slaan Hard Toe in Philippi ❯

You may also like

Headlines
Major Firearms Haul in Mitchell’s Plain
September 2, 2025
Headlines
Delay in Police Response Raises Concerns in Delft
October 12, 2025
Headlines
Morning Violence and Major Drug Bust
October 30, 2025
Headlines
 Shadows of the Cape Flats
February 17, 2026

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown