Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Wolseley sê – Geen Borgtog vir Kinder Aanrander

Posted on August 28, 2025August 29, 2025 By The Editor
Community

Berig – George April

WOLSELEY:- Die Wolseley-gemeenskap maak hulle stemme dik en weier om stil te bly na die wrede aanranding van 4-jarige Jade Mars.

Die beskuldigde, Donevin de Goede (20), verskyn vandag, Vrydag 29 Augustus 2025, in die Wolseley Landdroshof waar die kwessie van borgtog aan die orde kom.

Die voorval het die dorp en omliggende gemeenskappe diep geskok. Jade is ernstig beseer en moes in Tygerberg-hospitaal behandel word nadat hy deur haar ma se kêrel aangerand is. Die grusame aanval het nie net ’n gesin gebreek nie, maar ook ’n gemeenskap,  verenig in woede en vasberadenheid om geregtigheid te eis.

“Ons sê: Geen borgtog vir kinderaanwander nie!” roep gemeenskapslede wat môre buite die hof bymekaar gaan kom.  Hulle sê genoeg is genoeg, die land se toekoms lê in sy kinders, en dit kan nie langer toegelaat word dat kindermisbruikers ongestraf wegkom nie.

Suid-Afrika word reeds geknel deur geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling, en gemeenskapslede meen dit is tyd dat die regstelsel ’n harde standpunt inneem teen dié misdade.

Die gemeenskap roep alle inwoners, ouers, jongmense en besorgde burgers op om môre hul teenwoordigheid by die hof te wys:

Datum: Vrydag, 29 Augustus 2025
Plek: Wolseley Landdroshof
Tyd: 08:00

Met kerslig, plakkate en hul stemme sê Wolseley saam:
– Geregtigheid vir Little Jade Mars
– Geen Borgtog vir “kinder mishandelaars”

“Elke kind verdien ’n veilige huis, liefde en beskerming. Môre staan ons nie net vir Jade nie, maar vir elke kind in Suid-Afrika.”

Foto’s verskaf.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Historic Title Deed Handover Marks New Chapter for Namaqualand Communities
Next Post: Lutsville – ANC Raadslid Johan Muller ❯

You may also like

Community
A Small Charity Shop With a Big Heart
September 11, 2026
Community
Taxi Carrying 49 Children to School
February 5, 2026
Community
Dad of Five Stabbed to Death at Petrol Station
October 14, 2025
Community
Police Launch Murder Probe
November 15, 2025

Recent Posts

  • Trump-Putin Relationship Raises Questions
  • SAPD Slaan Toe – Dwelms van R140 000 Gekonfiskeer
  • HOPEFIELD WOMEN LEFT UNPROTECTED
  • Meer as 200 000 Ekstra Kinders
  • Skietvoorval in Retreat eis Een Lewe

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown