Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Lutsville – ANC Raadslid Johan Muller

Posted on August 29, 2025September 1, 2025 By The Editor
Community

Spreek Gerugte Aan

CCN Verslaggewer – George C April

Lutzville:- ANC-raadslid Johan Muller het Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin hy gerugte ontken dat hy uit die ANC bedank het.

Muller, wat reeds dekades deur die geledere van die beweging gestap het, sê hy sal lojaal bly aan die party.

“Ek het deur die jare oorwinnings en nederlae gesien. Ek weet hoe dit voel om niks te hê en hoe dit voel om volop te hê. Maar een ding is seker – ek het nog nooit die ANC verlaat nie, en ek sal nie. Selfs al bly ek die laaste lid oor, sal ek my huis skoonmaak en die ligte aanhou vir nuwe besoekers,” het Muller gesê.

– Gemeenskap Reageer

Sy verklaring het vinnig gesprekke op Facebook ontlok. Sommige inwoners voel daar is min sigbaarheid en resultate van die raadslid in Lutzville.

Appels Cloete het sterk kritiek uitgespreek:

“Hy is net vir geld daar.  In Lutzville is niks gedoen nie – kyk na ons strate, sokkerveld, straatligte en die bruinerige drinkwater. Waar is sy sigbaarheid tussen die gemeenskap?”

Frans Bam het egter gereageer en die debat verbreed:  “Appels Cloete, wie regeer Matzikama?”

Intussen vra ander inwoners of gemeenskapslede self ook verantwoordelikheid moet aanvaar vir rommel en omgewings toestande.

– Madelyn Madie Fryster skryf :

“Appels Cloete, wie is die oorsaak van die rommel tussen die huise???”

– Steun is ook daar

Ten spyte van kritiek is daar ook boodskappe van steun.

Alicia Bam het Muller aangemoedig met – “Jou werk gaan jou nie kom haal nie Johan… dis reg, maak die geraasmakers stil.”

Muller hou vol dat hy sy politieke pad binne die ANC sal voortsit en dat hy nie beplan om oor te stap na enige ander party nie.

Foto’s – Sosiale Media

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Wolseley sê – Geen Borgtog vir Kinder Aanrander
Next Post: School Caregiver Arrested After Sexual Assault ❯

You may also like

Community
Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
June 9, 2026
Community
“Gemeenskap in Krisis – Die Elandsbaaibaai-Vismark storie”
May 15, 2025
Community
Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
October 9, 2025
Community
Another Life Lost: 31-Year-Old Man Gunned Down in Delft
March 24, 2026

Recent Posts

  • Three Arrested as Joint Operations Seizes
  • 🔥Die Politieke Waarheid
  • Polisiekonstabel in Delft Gearresteer weens Korrupsie
  • Young Netball Player Seeks Community Support
  • Kropz and Trollope Remain Silent

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown