Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Munisipale Werker Ontkom Nou-Net-Dood-Ongeluk

Posted on January 21, 2026 By The Editor
Uncategorized

Bejaarde Vrou Ry in Skok Dwarsdeur Muur

Verslaggewer – George April

VELDDRIF:-  ‘n Munisipale werker van Bergrivier munisipaliteit het vanoggend met die lewe daarvan afgekom , nadat ‘n voertuig hom op die sypaadjie met slegs ‘n paar sentimeters gemis het.Die werker was besig om die sypaadjie skoon te maak, toe ‘n vroulike bestuurder, wat volgens ooggetuies ‘n ernstige suikerlaag (hipoglisemie-aanval) ondervind het, skielik beheer oor haar voertuig verloor het. Die voertuig het uit Protealaan, regoor Voortrekkerstraat, sonder om te stop of te rem, reguit oor die pad gejaag, dwarsdeur die munisipale vibracrete-muur gebars en teen ‘n boom vasgejaag.

CCN was   was binne minute op die toneel en kon duidelik waarneem dat die bejaarde vrou in erge skok verkeer het.  Munisipale kantoorwerkers en lede van die publiek het rondom die toneel, in die pad  saamgedrom en hul skok en kommer uitgespreek, veral oor die bestuurder se toestand.

Die munisipale werker, wat sigbaar geskok was, het sy voorman ingelig en gesê hy gaan nie weer op daardie spesifieke plek werk nie.  “Ek was byna dood,” het hy voor CCN aan sy voorman gesê.  Hy het daarna voor die biblioteek, sowat 500 meter vanaf die ongelukstoneel, gaan sit om te kalmeer, waar die skok duidelik op sy gesig sigbaar was.

Law Enforcement het die toneel vinnig afgesper, terwyl die polisie kort daarna opgedaag het.

Tot almal se verligting het die vrou self, sonder hulp, aan die passasierskant uit haar voertuig geklim, by die erf uitgeloop en op die draagbaar van West Coast Medical Care geklim.  Sy is daarna in die ambulans gelaai en na die Vredenburg Private Hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Alhoewel sy aanvanklik baie gespanne gelyk het, het sy teen die tyd van vertrek bedaarder voorgekom en kon sy sonder bystand op die draagbaar klim.

Daar was geen ander beserings onder omstanders of ander padgebruikers gerapporteer nie.  Die oorsaak van die voorval word ondersoek, met spesifieke fokus op die bestuurder se mediese toestand ten tyde van die ongeluk.

CCN sal verdere ontwikkelinge rakende die voorval rapporteer.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Urgent Community Call
Next Post: Flames of the Winelands ❯

You may also like

Uncategorized
Legal Confusion in Farm Eviction Case
March 29, 2025
Uncategorized
Deepening Concerns Over Alleged Mismanagement
March 1, 2025
Uncategorized
Negligence Exposed in Building Collapse
April 6, 2025
Uncategorized
Joslin Smith – Regsgeding begin in Saldanha
March 3, 2025

Recent Posts

  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema
  • CCN EXCLUSIVE – Trump’s War Hits South African’s Pumps

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown