34-Jarige Man Gearresteer by Joint Roadblock op N14
CCN Verslaggewing
Noord-Kaap:- Die waaksaamheid van polisielede by ‘n joint inter-provinsiale roadblock het vandag, gelei tot die inbeslagneming van mandrax, tik en dagga ter waarde van meer as R127 500, en die arrestasie van ‘n 34-jarige verdagte.
Polisie van Kathu, Siyathemba en Olifantshoek SAPS, saam met Noord-Kaapse Provinsiale Verkeer en Veiligheid, het omstreeks 09:00 op die N14 tussen Siyathemba en Kathu ‘n taxi gestop wat vanaf Johannesburg na Namibië onderweg was.
‘n Deeglike deursoeking van die verdagte se bagasie het mandrax-tablette (waarde R28 500), tik met ‘n straatwaarde van R75 000, en dagga ter waarde van R24 000 opgelewer.
Die 34-jarige man is op die plek gearresteer op aanklagte van dwelms-handel en besit. Die dwelms is gekonfiskeer en sal vir ontleding gestuur word.
SAPS beklemtoon dat sulke joint – operasies deel is van die stryd om #DrugsOffTheStreets te kry, en dat waaksaamheid by roadblocks lewens red en gemeenskappe beskerm.
Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
#SAPS #DrugsBust #NorthernCape #CrimePrevention

