Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Polisie slaan toe op vermeende bendeleier

Posted on April 20, 2026April 20, 2026 By The Editor
Community

 – Verskeie onwettige vuurwapens van die strate af

CCN Verslaggewer – George April

RAVENSMEAD:- Die South African Police Service (SAPS) gaan steeds daadwerklik te werk teen bendebedrywighede landwyd.

Hierdie week het lede van #OPERATIONLOCKDOWN3 ‘n 33-jarige vermeende bendeleier in Ravensmead in hegtenis geneem op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Die span het ‘n R5-geweer, ‘n haelgeweer, drie pistole, meer as 160 patrone ammunisie en verskeie magasyne in beslag geneem. Vier van die vyf onwettige vuurwapens se reeksnommers was afgevyl.

Volgens die polisie het die span vinnig op intelligensie gereageer wat daarop gedui het dat die verdagte die beheer oor die bende se vuurwapens gehad het. Die verdagte het self die span na ‘n versteekte kas met vuurwapens en ammunisie gelei wat naby ‘n woonstelblok in Ravensmead weggesteek was.

Alle inbeslag-genome vuurwapens sal nou ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit in ander ernstige of geweldsmisdade gebruik is. Die 33-jarige verdagte sal binnekort in die Parow-landdroshof verskyn, terwyl die ondersoek voortgaan.

Hierdie suksesvolle operasie dra weer eens by tot die verwydering van gevaarlike vuurwapens van die strate en versterk die stryd teen bendegeweld in die Noordelike Voorstede.

#FightingCrime #GunsOffTheStreets #OperationLockdown3

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Zimbabwean Truck Driver in Court Again
Next Post: Paasfees Toernooi Bring Groot Vreugde ❯

You may also like

Community
Suspect Nabbed in Sea Point
August 7, 2025
Community
Former Deputy Mayor Fatally Shot in Kayamandi
June 10, 2025
Community
SAPS Cracks Down on Drug Activity in Steinkopf
September 12, 2025
Community
School Caregiver Arrested After Sexual Assault
August 29, 2025

Recent Posts

  • Lawyer Drags EFF Leader Julius Malema Back to Equality Court
  • Paasfees Toernooi Bring Groot Vreugde
  • Polisie slaan toe op vermeende bendeleier
  • Zimbabwean Truck Driver in Court Again
  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown