Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Paasfees Toernooi Bring Groot Vreugde

Posted on April 20, 2026April 20, 2026 By The Editor
Sport

– EN PRYSGELD

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK:- Die afgelope Paasfees sokkertoernooi het weereens vir goeie en opwindende sokker gesorg.

Benfica FC het R25 000 in die Paas Sokkertoernooi, te Bergsig (Springbok) gewen.

Dit was die Nama Khoi, LFA Easter Soccer Tournament vir 2026. Die sokkerskouspel het op die sportgrond van Bergsig (Springbok) plaasgevind en groot skare toeskouers en belangstellendes gelok.
Behalwe vir die baie lekker sokker, het verskeie spanne ook groot prysgeld ontvang. Daar was baie van die spanne verwag en groot gunstelinge soos Benfica (Matjieskloof), New Secrets (Komaggas), Olympics (Okiep), ensovoorts, was weer op almal se lippe.
Die toernooi het op Saterdag, 4 April begin en baie goeie sokker tydens die perfekte weer opgedis. Hier was die koring toe al begin skei vanaf die kaf, vir die uitspele, wat moes volg.
Paas Maandag was dit d-dag, want die wenners- en verloordersafdelings sou beslis moes word. In die wenners-afdeling het Riverstones en Total Aces in die een semi-finaal gespeel. En Benfica en Olympics in die ander een. Riverstones en Benfica het deurgerdring. In die groot finaal het Benfica vir Riverstones met 1-0 getroef en met die prysgeld van R25 000 weggestap. Riverstones het n goeie R20 000 ontvang.
Ronnie “Haas” Claasen van eienaar van Benfica, was in die wolke oor sy span se goeie vertoning. Hy was baie bly dat hulle byvoorbeeld teen Olympics in die een semi met strafskoppe kon wen nadat hulle tydens gewone speeltyd nog gelyk-op (1-1) was:
“Ons as span weet altyd waartoe ons instaat is. “Ons is altyd gereed vir enige wedstryd. “Sonder ons ondersteuners sal dit nie moontlik wees nie.
“Baie dankie aan almal, spelers ingesluit, wat ons so mooi ondersteun het.”
Volgens Claasen was die toernooi goed georganiseer. Hiervoor bedank hy die LFA-bestuur. Hy het ook vertel dat hulle hul prysgeld dadelik ontvang het. En die spelers het hulle deel gekry.
In 2024 was Benfica ook die algehele wenners van hierdie toernooi. Hulle wag egter steeds op hulle prysgeld van R25 000. Claassen het gesê: “Dis n skreiende skande dat ons so lank moet wag vir geld wat ons so broodnodig het.
“SAFA (Namakwa) se president en hulle kassier asook waarnemende sekretaris, moet hulle skaam hiervoor. “Dan noem hulle self eerbare leiers.”
In die verloorders-afdeling se semi’s het New Secrets teen Uprisers A gespeel en Celtic teen Uprisers. New Secrets en Celtic het deurgedring. As wenners van die verloorders-afdeling het New Secrets R15000 ontvang en Celtic R10 000. New Secrets het net-net met 2-1 die knoop deurgehaak.
Wessie Weels,van New Secrets, was baie in sy skik met hulle vertoning. Hy het die spelers, bestuur en getroue ondersteuners bedank vir hulle lojale bystand. Dit was n baie opwindende toernooi en groot vermaak was vir die plaaslike inwoners, besoekers en sokkerliefhebbers, in die breë, gebring.
Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Polisie slaan toe op vermeende bendeleier
Next Post: Lawyer Drags EFF Leader Julius Malema Back to Equality Court ❯

You may also like

Sport
Griekwas skryf geskiedenis met Curriebeker-triomf
September 22, 2025
Sport
Athletic Success
April 6, 2025
Sport
Hopefield Wanderers Cricket Club
November 17, 2025
Sport
Life-Changing Scholarship – Young Athlete’s
April 10, 2025

Recent Posts

  • Lawyer Drags EFF Leader Julius Malema Back to Equality Court
  • Paasfees Toernooi Bring Groot Vreugde
  • Polisie slaan toe op vermeende bendeleier
  • Zimbabwean Truck Driver in Court Again
  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown