Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Port Nolloth Primêr Behaal Glorieryke Oorwinning

Posted on September 8, 2025September 8, 2025 By The Editor
Sport

In ‘n Nasionale Sokkertoernooi

Deur Isaac Cloete

PORT NOLLOTH:-  Feesvieringe het die naweek hoogty gevier in die kusdorp Port Nolloth,  nadat die plaaslike laerskool, Port Nolloth Primêr, ’n historiese oorwinning behaal het tydens die gesogte Kay Motsepe Skoletoernooi, wat in Kimberley aangebied is.

Die O/13-sokkerspan van die skool het nie net hul teenstanders oortref nie, maar ook die aansienlike kontantprys van R100 000 ingepalm – ’n reusebydrae tot die ontwikkeling van sport by die skool. Die span het die Namakwa-streek met trots verteenwoordig en hul gemeenskap in ekstase gehad met hul prestasie.

Een van die ouers, Bernice de Klerk, het haar vreugde en dankbaarheid gedeel:

“Hierdie is ’n baie groot gebeurtenis vir ons dorpie en die hele streek. Dit word dikwels nie genoegsaam in die media uitgelig nie, en daarom vra ons dat hierdie prestasie wyd bekend gemaak word,  ter wille van ons kinders en hul harde werk.”

Die oorwinnaars is op helde-wyse ontvang toe hulle, saam met hul afrigter, Coach Vries, teruggekeer het na die dorpie. Opgewonde ouers en inwoners het hulle verwelkom met dans, gesang en vreugdevolle vieringe.

Volgens inligting het die skoolhoof, mnr. H.M. Klim, die span tydens Maandagoggend se skoolbyeenkoms amptelik vereer vir hul uitsonderlike prestasie.

Die kontantprys van R100 000 sal, volgens ouers en skoolpersoneel, benut word vir die verbetering van sportfasiliteite en verdere ontwikkeling van sport programme aan die skool.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Two Killed in Suspected Gang – Related Shooting
Next Post: Nog ‘n Bloedige Naweek in Kaapstad ❯

You may also like

Community
🎙 Live Interview on Bush Radio
February 21, 2025
Sport
Bafana Bafana Qualify for the 2026 FIFA World Cup
October 15, 2025
Sport
School Sports Action Heats Up This Weekend – On SuperSport..!
May 16, 2025
Sport
Rumé Burger Shattered U/18 Record
April 4, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown