Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS

Posted on June 9, 2026June 9, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK:- Die sogenaamde “bybelklas onnie” van Vioolsdrift was Vrydag in die streekshof op Springbok gevonnis.Op 5 Junie 2026 het die Springbok-streekhof ‘n baanbrekers-uitspraak gelewer teen ‘n 45-jarige vrou, (naaam bekend) Sy was skuldig bevind aan 33 aanklagte van seksuele oortredings waarby kinders tussen 7 en 12 jaar oud in Vioolsdrift betrokke was.

Hierdie misdade is tussen Januarie 2022 en November 2023 gepleeg en het gedwonge verkragting, poging tot verkragting, seksuele uitbuiting, seksuele voorbereiding, die dwang van kinders om seksuele oortredings met andere te aanskou en die blootstelling van geslagsorgane aan kinders,. jngesluit het. Sy het aanvanklik  tereggestaan op 18 aanklagte, maar die staatsaanklaer het die vermeerder na 33.

Die staat het beweer dat die beskuldigde, oorspronklik van Okiep, saam met haar man in Vioolsdrift gewoon het. Sy het die kinders vir bybellesse en geestelike leiding na haar huis genooi, Dit is waar die seksuele aanrandings in die hok, agter in haar erf sou plaasvind. Die ouers het hul kinders toegelaat om die vrou te besoek, aangesien hulle onder die indruk was dat hul kinders bybellesse sou ontvang.

Sy het kinders met geld, lekkers en uitstappies gelok,  hulle toe tot seksuele dade gemanipuleer, hulle aan onbehoorlike seksuele aksies onderwerp en hulle vir uitbuiting voorberei.

Sommige van die kinders het die voorvalle eers by die skoolhoof, Theo Alister, aangemeld. Die onderwyser het toe ‘n maatskaplike werker ingebring en na konsultasies met die kinders was die polisie in kennis gestel. Sy het skuldig gepleit op die verskeie aanklagtes en erken dat haar gedrag onwettig en strafbaar was.

Ingevolge Artikel 280 van die strafproseswet sal hierdie vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat ‘n effektiewe gevangenisstraf van 25 jaar tot gevolg het. Bykomende beskermingsbevele is uitgereik, wat behels dat die beskuldigde se naam in die Nasionale Register vir Seksuele Misdrywe aangeteken gaan word.

Sy is verder ongeskik verklaar om met kinders te werk kragtens die Wet op Kinderversorging en ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer.

Alister het die vonnis verwelkom en verlig gesê:

“Ek hoop dit maak gemeenskappe (veral kinders) vry om sulke voorvalle  aan te meld ,sou hulle ook blootgestel word aan sulke booshede. “Ek maan ook opvoeders om leerders se vertroue te wen, sodat daar n safe place vir hierdie kinders is by wie hulle kan gaan praat.”

Hy was egter baie teleurgestel in ouers wie se kinders ook blootgestel was aan die dade, maar hom eerder kwaai kruisig het.

Die ondersoek was gelei deur speurder-adjudant-offisier Ayanda Philips van die Springbok-eenheid vir Gesinsgeweld,  Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe.  Die staatsaanklaer was Basil “The Jaguar” Kock.

Foto – Jo Ann Klaase (45j) – Bybelklas Onnie

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
Next Post: Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap ❯

You may also like

Headline
Winterweer Eis Sy Tol op Kaapse Paaie
July 9, 2025
Headline
Western Cape Schools
June 23, 2025
Headline
Awareness Story.
January 31, 2025
Headline
Munisipale Bestuurder van Kamiesberg Weer in die Spotlight
May 23, 2026

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown