Het jy ’n sê in hoe die Weskus die volgende dekade gaan lyk?
CCN Redakteur – George C April
Die Wes-Kaapse regering vra nou openbare insette oor die Draft Western Cape Spatial Development Framework (WCSDF 2035) – die provinsie se nuwe langtermyn-ruimtelike ontwikkelingsplan.

Hierdie vergaderingt gaan ’n groot invloed hê op waar ontwikkeling en investering plaasvind, hoe infrastruktuur beplan word, en hoe die Weskus se kuslyne, landskap en natuurlike hulpbronne beskerm word. Dit raak direk gemeenskappe soos Velddrif, Hopefield, Saldanha, Vredenburg en omliggende dorpe.
’N openbare deelname-sessie word spesifiek vir die Weskus-distrik gehou:
Datum: Donderdag 19 November 2026
Tyd: 10:00 – 13:00
Plek: Velddrif Town Hall
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning sal die konsep-plan voorlê en die geleentheid skep vir inwoners en belanghebbendes om vrae te vra en kommentaar te lewer.
Registrasie word sterk aanbeveel via:
Die volle konsep-dokument is beskikbaar by:
Skriftelike kommentaar kan tot 29 Januarie 2027 gestuur word na psdf@westerncape.gov.za.
Hierdie is ’n belangrike geleentheid vir Weskus-inwoners om te help vorm hoe die streek se ruimtelike toekoms beplan word.
Moenie jou stem verspeel nie.


