Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

VLIEGTUIG MET DWELMS NABY DORPIE

Posted on November 24, 2026November 24, 2026 By The Editor
Headline
BLY GROOT RAAISEL
Verslaggewer – Isaac Cloete
Noordkaap:- ‘N klein vliegtuigie met groot hoeveelhede kokaïen het glo die week naby Kleinsee geland en die oë laat rek.
Volgens betroubare bronne kom die sowat 330 kg suiwer kokaïen vermoedelik vanaf Brasilië in Suid-Amerika.  Op diè stadium is dit nie duidelik nie aan wie die Cessna vliegtuie behoort nie of vir wie die dwelms van byna R200 milj bestem was.
Niemand weet ook nie wat met die Cessna gebeur het nie, nadat die besending afgelaai was.
Wat wel bekend is, is dat n Kaapse man, Lee Thompson (37) glo die dwelms op n trokkie gelaai het en op pad Kaapstad toe was. Hy was egter naby Garies deur die polisie voorgekeer en gearresteer.  Voorts was op die dwelms en trokkie beslag gelê en eersgenoemde na n veilige plek geneem, om dit glo veilig te bewaar.
Volgens n polisie-woordvoerder het Thompson reeds Vrydag in die Springbok-landdroshof verskyn vir die besit en vervoer van dwelms.  Hy kom weer op Donderdag, 26 November voor vir formele borgtogaansoek.
Die Kleinsee-inwoners is steeds geskok, verslae en in die duister oor die gebeure. Van hulle weet glad nie van die vliegtuigie nie, terwyl ander vertel het dat hulle iewers in laasweek, n vliegtuie sonder ligte, in die aand naby Kleinsee gehoor land het. Ander het ook vertel dat n konvooi polisie-beamptes die afgelope week by die Kleinsee-vliegveld te siene was.
Dis ook algemene kennis dat die vliegveld hier nie eintlik meer geskik is nie vir vliegtuie om hier te land, weens instandhouding, wat vir jare nie gedoen was nie.
Gaob Paul Swartbooi van National Economic Fighters wou weet waar die kokaïen nou “gebêre” word. Hy vermoed dat dwelms al lankal per skip of oor die waters na die Kleinsee-kus gesmokkel word.
“Die polisie moet die dwelms openlik, voor almal, vernietig.  “Ja, vir kameras, vir ’n landdros, en ’n telling hou voor en na dit. “As dit nie gebeur nie sal die dwelms ook kamstig wegraak. “Of dit kan eenvoudig net weer op ons strate en die sluikhandel beland.”
Luitenant-kolonel Tebogo Thebe,  woordvoerder van die Valke, het gesê dat hulle bewus is van die aangeleentheid, maar kommunikasie hieroor beperk is.
“Weens die sensitiewe aard van die ondersoek het ons besluit om eers later ’n verklaring hieroor uit te stuur.”
Foto: Ter Illustrasie
Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: RASSIE SKUD DIE SPRINGBOKKE

You may also like

Headline
Abalone Bust in Rawsonville
September 25, 2025
Headline
NPA kry 24 Lewenslange Vonnisse
July 31, 2026
Headline
Major Drug Bust in Milnerron
August 19, 2025
Headline
Double Murder – Taxi Pick – Up Point
August 26, 2025

Recent Posts

  • VLIEGTUIG MET DWELMS NABY DORPIE
  • RASSIE SKUD DIE SPRINGBOKKE
  • Kersefontein: A Living History of Family
  • Vier Dood by Tavern in Khayelitsha
  • SPRINGBOKS: A WORLD-CLASS TEAM WITHOUT A PLAN?

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • November 2026
  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown