Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Moorreesburg Biblioteek se Behandeling van die Gemeenskap

Posted on March 6, 2025March 6, 2025 By The Editor
Community

Is Onaanvaarbaar en moet aangespreek word, want dit  is ‘n openbare instelling, en nie ‘n monument nie.

MOORREESBURG:- Biblioteke is lankal nie meer net plekke waar mense boeke uitneem nie; dit is sentrums van leer, groei en toegang tot belangrike hulpmiddels soos rekenaars met internet.

Die Malmesbury biblioteek waar besoekers  60 minute per dag toegelaat word om ‘n rekenaar  te gebruik.

Dit is egter skokkend om te hoor hoe sommige plaaslike biblioteke, soos die een in Moorreesburg, hierdie rol blyk te versaak. Cape Coast News (CCN) het vanoggend, Donderdag 6 Februarie ‘n besoek aan die plaaslike biblioteek gebring en ‘n onstellende patroon van onvriendelike diens en beperkte toegang tot basiese geriewe ervaar. Die ervaring van een besoeker bring ‘n ernstige probleem aan die lig.

‘n Eenvoudige Versoek, ‘n Onnodige Struweling

Die besoeker het net ‘n vinnige e-pos wou stuur.  Toe die 30 minute op die rekenaar verstreke was, is versoek om ‘n addisionele 30 minute, wat summier geweier is.  Selfs toe gevra is om net gou die rekenaar weer aan te skakel om ‘n e-pos toe te maak, was die reaksie arrogant en onsensitief.  Die assistent het eers geweier en toe onder ‘n gemompel die versoek uitgevoer.

‘n Patroon van Klagtes

Buite die biblioteek het CCN met inwoners gesels en gevind dat hierdie nie ‘n eensame geval is nie.  Een ma het vertel dat haar seun nie meer daarheen gaan nie, weens die kort rekenaartyd en beledigende houding van personeel.  Nog ‘n inwoner het bevestig dat haar dogter liewer ‘n rekenaarwinkel besoek, as hulle die geld het,  omdat die personeel net vriendelik is met sekere mense. CCN het ook met ander inwoners gesels en daar was geen positiewe terugvoer oor die biblioteek nie.  Dit is kommerwekkend,  aangesien biblioteke veronderstel is om gemeenskapsdiens te lewer.

Hoekom Bestaan Hierdie Reëls?

Die regering het rekenaars en internet in biblioteke geplaas om minderbevoorregte mense, veral skoolkinders, toegang tot belangrike hulpbronne te gee. Tog word kinders se leergeleenthede beperk deur arbitrêre en onlogiese reëls. Vergelyk dit met Malmesbury se biblioteek, waar ‘n gebruiker minstens ‘n uur per dag toegang kry. Alhoewel die vraag steeds gevra kan word, waarom kan die rekenaars nie gebruik word as dit wel beskikbaar is nie?  Beide biblioteke het genoeg rekenaars, so waarom is die beperking in veral Moorreesburg so streng?  Waarom is rekenaars daar as dit net as monumente staan?

Dis Tyd vir Verandering

Hierdie situasie is onaanvaarbaar en moet dringend aangespreek word.  Biblioteekpersoneel moet besef dat hulle ‘n diens aan die gemeenskap lewer, en nie ‘n guns bewys aan die mense nie. Die Swartland Munisipaliteit moet verantwoording doen oor hierdie beleid, en verseker dat die biblioteek werklik toeganklik en funksioneel is vir almal, nie net ‘n uitgesoekte groep nie. Gemeenskapslede word aangemoedig om hul stemme te laat hoor.  As jy ‘n soortgelyke ervaring gehad het, deel jou storie en help om ‘n verskil te maak, dit is tyd dat biblioteke weer die hart van leer en groei in ons gemeenskappe word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Illegal Evictions in Cape Town Spark Outrage
Next Post: Exposing Unfair Business Practices in Phone Repairs and Sales ❯

You may also like

Community
“I’M NOT ASKING FOR MYSELF –  I’M ASKING FOR MY COMMUNITY”
June 11, 2025
Community
Breakthrough in Bishop Lavis Mass Shooting Case
July 14, 2025
Community
Tragiese Brand Eis Drie Lewens
October 7, 2025
Community
Major Arrests in Philippi East Mass Shooting Case!
October 23, 2025

Recent Posts

  • SA Rand hits Multi-Year Hight
  • Motsepe se Maatskappye soek hofbeskerming teen $195 miljoen – eis uit VSA
  • Gemeenskappe keelvol vir misdaad
  • South African Motorist Fatally Shoots Two Taxi Drivers
  • SAPS Lanseer Groot Hoë – Risiko Operasie in Weskaap

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown