Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Moorreesburg Biblioteek se Behandeling van die Gemeenskap

Posted on March 6, 2025March 6, 2025 By The Editor
Community

Is Onaanvaarbaar en moet aangespreek word, want dit  is ‘n openbare instelling, en nie ‘n monument nie.

MOORREESBURG:- Biblioteke is lankal nie meer net plekke waar mense boeke uitneem nie; dit is sentrums van leer, groei en toegang tot belangrike hulpmiddels soos rekenaars met internet.

Die Malmesbury biblioteek waar besoekers  60 minute per dag toegelaat word om ‘n rekenaar  te gebruik.

Dit is egter skokkend om te hoor hoe sommige plaaslike biblioteke, soos die een in Moorreesburg, hierdie rol blyk te versaak. Cape Coast News (CCN) het vanoggend, Donderdag 6 Februarie ‘n besoek aan die plaaslike biblioteek gebring en ‘n onstellende patroon van onvriendelike diens en beperkte toegang tot basiese geriewe ervaar. Die ervaring van een besoeker bring ‘n ernstige probleem aan die lig.

‘n Eenvoudige Versoek, ‘n Onnodige Struweling

Die besoeker het net ‘n vinnige e-pos wou stuur.  Toe die 30 minute op die rekenaar verstreke was, is versoek om ‘n addisionele 30 minute, wat summier geweier is.  Selfs toe gevra is om net gou die rekenaar weer aan te skakel om ‘n e-pos toe te maak, was die reaksie arrogant en onsensitief.  Die assistent het eers geweier en toe onder ‘n gemompel die versoek uitgevoer.

‘n Patroon van Klagtes

Buite die biblioteek het CCN met inwoners gesels en gevind dat hierdie nie ‘n eensame geval is nie.  Een ma het vertel dat haar seun nie meer daarheen gaan nie, weens die kort rekenaartyd en beledigende houding van personeel.  Nog ‘n inwoner het bevestig dat haar dogter liewer ‘n rekenaarwinkel besoek, as hulle die geld het,  omdat die personeel net vriendelik is met sekere mense. CCN het ook met ander inwoners gesels en daar was geen positiewe terugvoer oor die biblioteek nie.  Dit is kommerwekkend,  aangesien biblioteke veronderstel is om gemeenskapsdiens te lewer.

Hoekom Bestaan Hierdie Reëls?

Die regering het rekenaars en internet in biblioteke geplaas om minderbevoorregte mense, veral skoolkinders, toegang tot belangrike hulpbronne te gee. Tog word kinders se leergeleenthede beperk deur arbitrêre en onlogiese reëls. Vergelyk dit met Malmesbury se biblioteek, waar ‘n gebruiker minstens ‘n uur per dag toegang kry. Alhoewel die vraag steeds gevra kan word, waarom kan die rekenaars nie gebruik word as dit wel beskikbaar is nie?  Beide biblioteke het genoeg rekenaars, so waarom is die beperking in veral Moorreesburg so streng?  Waarom is rekenaars daar as dit net as monumente staan?

Dis Tyd vir Verandering

Hierdie situasie is onaanvaarbaar en moet dringend aangespreek word.  Biblioteekpersoneel moet besef dat hulle ‘n diens aan die gemeenskap lewer, en nie ‘n guns bewys aan die mense nie. Die Swartland Munisipaliteit moet verantwoording doen oor hierdie beleid, en verseker dat die biblioteek werklik toeganklik en funksioneel is vir almal, nie net ‘n uitgesoekte groep nie. Gemeenskapslede word aangemoedig om hul stemme te laat hoor.  As jy ‘n soortgelyke ervaring gehad het, deel jou storie en help om ‘n verskil te maak, dit is tyd dat biblioteke weer die hart van leer en groei in ons gemeenskappe word.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Illegal Evictions in Cape Town Spark Outrage
Next Post: Exposing Unfair Business Practices in Phone Repairs and Sales ❯

You may also like

Community
Hopefield Parents Speak Out
October 23, 2025
Community
Wanneer Mense Nie Hul Werk Verlaat Nie
June 14, 2025
Community
Polisie Slaan Toe – Meer as R1miljoen en Bankkaarte
May 14, 2025
Community
Vuurwapen & Dwelms van Straat Af.
August 14, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown