Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Laingville – inwoners eis Hoërskool tydens massiewe optog

Posted on March 16, 2025March 17, 2025 By The Editor
Community

ST HELENABAAI – Honderde inwoners van Laingville in St Helenabaai het Saterdagoggend (15 Maart 2025) ’n groot optog deur die dorp gehou, om hul eis vir ’n hoërskool in die gebied te ondersteun.

Die gemeenskap sê hulle word al geruime tyd afgeskeep deurdat daar ’n groot tekort aan hoërskole op die Weskus is, wat daartoe lei dat leerders ver moet reis na omliggende dorpe.

Tydens die optog is ’n memorandum aan die hoofdirekteur van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), mev. Heather van der Stel, oorhandig. Die dokument onderstreep die dringende behoefte aan ’n nuwe hoërskool, aangesien vervoer na verder geleë skole ’n groot finansiële las op ouers en die plaaslike owerheid plaas.  Volgens dié inwoners, beloop die jaarlikse vervoerkoste vir leerders miljoene rande.

Die optog is gelei deur Tyrone Williams, ’n Wyksraadslid van die Good-party, wat benadruk het dat jongmense in Laingville ’n gelyke kans op gehalte-onderwys moet hê. “Ons kinders spandeer ure op busse om skole elders by te woon. Dit benadeel hul akademiese prestasie en verhoog ook die finansiële druk op ouers,” het Williams gesê.

In die memorandum word daar aangevoer dat die gebrek aan ’n plaaslike hoërskool nie net ’n onderwys krisis veroorsaak nie, maar ook ’n rem op die algemene ontwikkeling van die gemeenskap plaas. Die inwoners meen dat ’n nuwe hoërskool ’n noodsaaklike belegging is wat sal bydra tot beter geleenthede en vooruitgang vir St Helenabaai en omliggende gebiede.

Mev. Van der Stel het tydens die oorhandiging van die memorandum bevestig dat die WKOD die versoek in oorweging sal neem en dat hulle reeds bewus is van die tekort aan hoërskole in die streek. Sy het beloof om die kwessie met die Wes-Kaapse Minister van Onderwys, mnr. David Maynier, te bespreek.

Plaaslike gemeenskaps organisasies en ouers hoop dat hierdie memorandum ’n keerpunt sal beteken in hul stryd om ’n hoërskool in Laingville te kry.  Hulle doen ’n beroep op die provinsiale regering om dringend planne in werking te stel, en ’n realistiese tydlyn te verskaf vir die oprigting van ’n skool.

Enige nuus, stuur gerus ‘n WhatsApp na 067 074 5040 – of vul storie op “Contact Us” vorm op nuusblad.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Breakthrough in Human Trafficking Case
Next Post: The Game of Giants….! ❯

You may also like

Community
Seven Illegal Firearms Seized After Funeral Gunfire
May 16, 2025
Community
Sterk Kouefront Gaan Weskus Vandag Tref
June 25, 2025
Community
The People Who Came To Help You
April 15, 2025
Community
Driftwood Artist Charged with Murder of Former Detective
January 26, 2026

Recent Posts

  • West Coast Rising Stars
  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown