Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Bejaarde 90′ – Siekte afgemaak as Ouderdom

Posted on March 20, 2025March 20, 2025 By The Editor
Headline

Swak staatsdiens: Bejaarde vrou ly, terwyl kliniek haar toestand afmaak as ‘ouderdom’

STEENBERG COVE:- ‘N 90-jarige bejaarde vrou is gister dringend per ambulans vanaf Steenberg Cove in St. Helenabaai na die Vredenburg-hospitaal gehaas, nadat haar gesondheid dramaties versleg het.

Volgens haar dogter het sy haar gereeld na die plaaslike kliniek geneem, maar elke keer is sy afgeskeep met dieselfde boodskap: “Dis net ouderdom, moenie bekommerd wees nie.” Dit ondanks die feit dat die vrou nie wou eet nie en haar liggaam rou en seer geraak het weens haar bedlêende toestand.

‘N familielid van Hopefield, wat deur die dogter ontbied is, het die storie aan CCN vertel en beklemtoon hoe die vrou se toestand duidelik ernstig was, terwyl die hospitaal net ‘n paar km verder is.

Die dogter het die patetiese kliniekdiens  aan die media bevestig, toe sy telefonies kontak was.

CCN het Sondagaand die plaaslike raadslid geskakel, wat belowe het om die kliniek se hoof te kontak oor die saak. Toe hy egter gisteraand weer deur die media genader is, het hy sy skok uitgespreek omdat daar steeds geen optrede was nie.

“Met die tussenverkiesing in Saldanhabaai is ek ongelukkig nie in staat om persoonlik Steenberg Cove toe te gaan nie, maar ek beloof dat ek môre dadelik daar sal wees, om vas te stel waarom die bejaarde nie die nodige aandag ontvang het nie,” het hy gesê.

Intussen waak die dogter en familielid steeds oor die 90-jarige bejaarde in die Vredenburg-hospitaal.

CCN beplan om sodra alle inligting bevestig is, die volledige storie te publiseer en name bekend te maak. Hierdie voorval beklemtoon weereens hoe staatsdiensinstansies soos klinieke, polisie, hospitale en ambulansdienste dikwels die publiek in die steek laat, met min of geen aanspreeklikheid nie.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Geregtigheid vir Jenito Smith
Next Post: MK Party Stuns in Saldanha Bay By-Election Victory ❯

You may also like

Headline
Security Escorts Shot Dead
May 1, 2025
Headline
Western Cape Schools
June 23, 2025
Headline
Brutal Execution…!
March 11, 2025
Headline
Major Drug Bust in Milnerron
August 19, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown