Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Hopefield Solar Projek Debat -2

Posted on April 19, 2025April 19, 2025 By The Editor
Community

Berig – CCN Redaksie

HOPEFIELD:- Waarom grootskaalse energie projekte ver van stede af gebou word, en waarom Hopefield dieselfde beskerming verdien.

In April 2020 het ’n ontploffing by ’n waterstofbrandstof-aanleg in Long View, Noord-Carolina, ’n hele gemeenskap geruk.

Sowat 60 huise is beskadig, vensters is gebars, en mense is binne hul huise van hul voete af geslaan. Alhoewel die maatskappy beweer het hulle het gevorderde veiligheidsisteme, wys die voorval duidelik: ongelukke gebeur – en dit is die gemeenskappe naby wat die prys betaal.

In Hopefield wek die beplande sonkrag-megaprojek, wat glo een van die vyf grootste in die wêreld,  en die grootste in Afrika gaan wees , soortgelyke bekommernisse.  Al lyk sonpanele onskuldig, sluit sulke reuse-aanlegte battery bergingseenhede, krag invoerders, hoë spanning substasies en netwerk verbindings in.

Alles met potensiële gevare, soos oorverhitting, kortsluitings, brande of selfs ontploffings  moontlikhede.  En in toestande soos warm winde of uiterste temperature, neem daardie risiko’s toe.

Alle inwoners kan getuig, Hopefield se temperature styg op warm dae meer as 40+ grade.

Regoor die wêreld word sulke aanlegte bewustelik ver van dorpe en stede gebou, dikwels tientalle kilometers weg van enige woongebiede,  juis om mense te beskerm.

Waarom is Hopefield anders?

Waarom word so ’n reuse-aanleg so naby aan ‘n dorp gebou, in ’n dorpie sonder brandweer, sonder nooddienste, en waar armoede reeds ’n groot las is?

Die CCN redaksie is nie teen ontwikkeling, of teen skoon energie nie.

CCN verwelkom werkskepping, vaardigheids ontwikkeling, en vooruitgang, maar nie ten koste van ‘n ganse gemeenskap se veiligheid nie.

CCN doen ’n beroep op leiers,  plaaslik en nasionaal, om te luister, verantwoordelik op te tree.  Nie net om groot geld en groot beloftes na te jaag ten koste van gewone mense nie.

Beantwoord dan dié vraag.  As dié projek regtig veilig is, hoekom nie, soos elders in die wêreld, dit ver van die dorp af bou nie?

Hopefield verdien dieselfde standaarde as die res van die wêreld,  nie minder nie.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Why Industrial Scale Energy Projects are Places Far from Cities
Next Post: Police Operations in Hillview & Manenberg ❯

You may also like

Community
R1 Miljoen-betwiste Man Doodgeskiet
June 25, 2025
Community
Tragedy Strikes Silvertown
June 8, 2025
Community
A Lesson in Gratitude from a Child’s Joy
October 5, 2025
Community
Another Night of Violence
May 27, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown