Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Hopefield – Tussen Groen Drome en Goue Gate

Posted on April 23, 2025April 23, 2025 By The Editor
National News

Berig – George April

HOPEFIELD – In die afgelope paar weke bevind inwoners van Hopefield hulself in die middel van ‘n nuwe stryd.

Eers was dit die gerug dat die mynmaatskappy Kropz, wat reeds teen omgewings regulasies baklei het, toestemming vra om binne die grense van die Weskus Nasionale Park te myn. Nou is dit die Green Hydrogen & Ammonia-projek, wat skaars 3km buite die dorp beplan word.

Op papier klink dit indrukwekkend – Duursame energie, 2 500 bouposte, 500 permanente werke, en miljoene rande se ekonomiese inspuiting. Maar baie plaaslike mense vra: Teen watter prys?

“‘n Projek van daai skaal so naby aan Hopefield, dis gewaagd. Dit gaan ons dorpie se hart en ritme verander,” sê ‘n inwoner op ‘n plaaslike WhatsApp-groep.

Volgens dokumentasie wat onlangs op sosiale media versprei is, beplan die maatskappy Phelan Green Energy om die aanleg te bou met infrastruktuur wat elektrolyse, ammoniakstoor, ontginning van afvalwater, en sonkrag insluit.

Hoewel die projek “groen” is, vra inwoners vrae oor:  Die veiligheid van waterstof en ammoniak-opberging.

Die invloed op die plattelandse karakter van Hopefield.  Die druk op bestaande dienste soos water, behuising en mediese noodhulp. En die gebrek aan werklike gemeenskapskonsultasie.

Intussen is WWF Suid-Afrika in ‘n hofstryd met dieselfde mynmaatskappy, Kropz, wat vroeër versuim het om die biodiversiteitsvoorwaardes van hul 2015-mynlisensie na te kom. Nou wil hulle daardie myn uitbrei – in ‘n nasionale park.

“Dis asof ons dorp geteiken word – eers ‘n myn in ‘n park, nou ‘n megaprojek langs ons huise. Dis tyd dat ons opstaan,” sê ’n ander gemeenskapslid.

CCN het probeer vasstel of daar enige formele openbare vergaderings plaasgevind het, maar dit lyk of die gemeenskap meestal in die duister gehou word, met net beloftes van “opkomende SIA-vergaderings” (Sosiale Impak Assessering).

Intussen wag Hopefield…

Nie net op werk of ontwikkeling nie, maar op duidelikheid, inspraak en respek.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: 40 Gesinne Vasgevang in Asbeshokke
Next Post: Learner Seriously Injured outside Cedar High ❯

You may also like

National News
Beurtkrag – Die Ware Oorsake
March 14, 2025
National News
 Unanswered Questions and Emerging Truths
April 29, 2025
National News
Government of National Unity
March 23, 2025
National News
George Building Collapse Investigation Findings Must Be Released
March 19, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown