Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Groot Probleme met Internskappe

Posted on April 24, 2026 By The Editor
Headline

Verslaggewer – Isaac Cloete

SPRINGBOK: Leerders van Namakwa stik alweer hewig weens onbetaalde gelde vir hul opleiding.

Hulle is deel van n groep van sowat 275 wat in Februarie met die internskappe begin het. Die meeste van hulle het nog nie n sent ontvang nie nadat klasse reeds begin het.

Carly Cloete was baie vies en gefrustreerd:

 “Ek is ‘n leerder by die internskapprogram van Ubuntu Strategic Development Project Ltd. (Ubuntu). “Dit word op Nababeep aangebied in samewerking met die dept van arbeid (Arbeid) op Springbok.  “Ons het 23 Februarie kontrak geteken, maar nie eers afksrifte gekry nie,  “Voordat ek dit voltooi het, het ek dus foto’s hiervan geneem.”

Carly vertel hulle was van meet af om die bos gelei.  Hulle was byvoorbeeld belowe hulle sou hul stipends op die 20ste Maart ontvang het.  Toe weer op 25 Maart en later sou hulle dit kamstig teen einde Maart ontvang het.

Die groep het hulle misnoë aan Arbeid oorgedra.  Hierna was Arbeid op 15 April sowel as 16 April by die ontstoke jeugdiges.  Arbeid het hulle toe meegedeel dat die oorbetalings alreeds aan Ubuntu gedoen was.

Volgens inligting bekom van bronne is daar slegs +-10 leerders uit die 120 leerders van Nababeep wat stipends ontvang het.

Carly spuug verder vuur:

“Ons klas se fasiliteerder het ook nie eens sy betaling ontvang nie. “Hy is van Upington en terug huis toe. “Wat moet ons nou doen, want ons weet nie of die klasse sal voortgaan nie.”

Shane Lee Ann Cloete het gesê:

“Ons het onse geld nodig, want ons het skulde en kinders waarna ons moet kyk.  “Ons het die 23 Februarie begin, maar net sekere klasse was al betaal “Dit lyk hulle gaan ons nooit betaal nie.” 

‘N woordvoerder van Arbeid het erken dat daar probleme, maar Horison na Ubuntu verwys. Luidens n verklaring, (21 April) erken Ubuntu die frustrasie en ongerief wat deur  vertragings veroorsaak is en vra opreg om verskoning:

“Die 275 leerders wat nie hul Maart-stipendiums ontvang het nie, sal gedurende die tweede of derde week van Mei 2026 betaal word. Daarbenewens sal die April-stipendiums verwerk en aan alle leerders betaal word sodra betaling vir die April-faktuur van die Arbeid ontvang is.”

Die verklaring lui verder:

“Neem asseblief kennis dat stipendium-eise vandag ingedien word. Die nodige maatreëls is ingestel om betalingstydlyne vanaf April te verbeter.

Volgens die beleid moet leerders ‘n minimum van 20 dae bygewoon het om vir stipendiumbetalings te kwalifiseer.”

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants
Next Post: Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande ❯

You may also like

Headline
Operasie Shanela Slaan Toe
July 29, 2025
Community
Die Struggle – Hoë Dienste Rekeninge in die Wes-Kaap
April 7, 2025
Headline
Suksesvolle Polisie – Operasie
August 22, 2025
Headline
Life Sentences for Killers – Law Enforcement Officcers
May 22, 2025

Recent Posts

  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home
  • Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown