‘N Verkeerde Nommer Kelder Alles drome…!
Berig – George April
MOORREESBURG:- Vandag is Vadersdag, maar vir baie mans in Suid-Afrika is dit nie ’n dag van feesviering nie.
Winslow Deurin Willems, ’n jong man van Moorreesburg, is een van daardie mense. Ons weet nie of hy kinders het nie, maar een ding is seker: hy stry al vir meer as agt jaar, teen ’n fout wat sy hele lewe tot stilstand gebring het.
Winslow het in 2017 matriek geslaag by Schoonspruit Sekondêre Skool in Malmesbury. Maar sy toekoms drome was gekelder, toe hy sy matriek sertifikaat ontvang. Sy ID-nommer was verkeerd gedruk, dit het nie ooreen gestem met sy amptelike identiteit nie. Al het hy nooit ’n graad gedruip nie, en reg deur geslaag het, kan hy vandag nog nie werk kry of verder studeer nie.
Hy het verskeie kere hulp gevra by die skool en ander departemente, en selfs in Februarie vanjaar ’n beëdigde verklaring afgelê om die fout te bevestig. Maar niks het verander nie.
“Ek het hard gewerk vir my matriek, en ek het nie ’n jaar verloor nie. Ek wag al agt jaar, net vir ’n kans om my lewe te bou.” is die wens van Winslow Willems
Hierdie is nie bloot ’n administratiewe fout nie, dit raak ’n mens se toekoms, sy regte en sy waardigheid. Hy het twaalf jaar van sy jeug in die skool gesit, en die dokument wat sy drome moes oopsluit, het dit verpletter.
Die vraag wat CCN nou op Vadersdag vra, is:
* Wat van Winslow se menseregte?
* Is dit regverdig dat hy so behandel word?
* En kan die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) aanspreeklik gehou word vir dié fout?
Winslow vra nie vir gunsies nie, hy vra net vir geregtigheid. En dalk is dit tyd dat die Menseregte Kommissie of ’n prokureur kyk of sy regte geskend is, en of daar wetlike stappe beskikbaar is.
As u ’n regskenner of organisasie is wat kan help, vul asseblief die “Contact Us”-vorm op CCN Online in.
Ons by CCN sal sorg dat die mense wat Winslow probeer help, die inligting ontvang
👉 Laat ons saam sorg dat hierdie jongman weer hoop kry.