Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


‘N Jongman se Lewe Staan Stil – Matriek Fout

Posted on June 15, 2025June 15, 2025 By The Editor
Headline, opinion/editorial

‘N Verkeerde Nommer Kelder Alles  drome…!

Berig – George April

MOORREESBURG:- Vandag is Vadersdag, maar vir baie mans in Suid-Afrika is dit nie ’n dag van feesviering nie.

Winslow Deurin Willems, ’n jong man van Moorreesburg, is een van daardie mense.  Ons weet nie of hy kinders het nie, maar een ding is seker:  hy stry al vir meer as agt jaar, teen ’n fout wat sy hele lewe tot stilstand gebring het.

Winslow het in 2017 matriek geslaag by Schoonspruit Sekondêre Skool in Malmesbury.  Maar sy toekoms drome was gekelder, toe hy sy matriek  sertifikaat ontvang.  Sy ID-nommer was verkeerd gedruk,  dit het nie ooreen gestem met sy amptelike identiteit nie. Al het hy nooit ’n graad gedruip nie, en reg deur geslaag het, kan hy vandag nog nie werk kry of verder studeer nie.

Hy het verskeie kere hulp gevra by die skool en ander departemente, en selfs in Februarie vanjaar ’n beëdigde verklaring afgelê om die fout te bevestig. Maar niks het verander nie.

“Ek het hard gewerk vir my matriek, en ek het nie ’n jaar verloor nie.  Ek wag al agt jaar,  net vir  ’n kans om my lewe te bou.”  is die wens van Winslow Willems

Hierdie is nie bloot ’n administratiewe fout nie, dit raak ’n mens se toekoms, sy regte en sy waardigheid.  Hy het twaalf jaar van sy jeug in die skool gesit,  en die dokument wat sy drome moes oopsluit, het dit verpletter.

Die vraag wat CCN nou op Vadersdag vra, is:

* Wat van Winslow se menseregte?
* Is dit regverdig dat hy so behandel word?
* En kan die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) aanspreeklik gehou word vir dié fout?

Winslow vra nie vir gunsies nie, hy vra net vir geregtigheid. En dalk is dit tyd dat die Menseregte Kommissie of ’n prokureur kyk of sy regte geskend is, en of daar wetlike stappe beskikbaar is.

As u ’n regskenner of organisasie is wat kan help, vul asseblief die “Contact Us”-vorm op CCN Online in.

Ons by CCN sal sorg dat die mense wat Winslow probeer help, die inligting ontvang

👉 Laat ons saam sorg dat hierdie jongman weer hoop kry.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Wanneer Mense Nie Hul Werk Verlaat Nie
Next Post: Guns, Ammo and Drugs Seized in Delft ❯

You may also like

opinion/editorial
Open Letter to the Saldanhabaai Business Chamber
September 1, 2025
Headline
Major Drug Bust in Milnerron
August 19, 2025
Headline
“Community Takes Stand Against City’s “Unlawful, Unsafe” Big Bay Development Framework”
December 1, 2025
Headline
From Builder to Journalist to Youth Champion
November 14, 2025

Recent Posts

  • Triple Murder Shocks Athlone
  •  Shadows of the Cape Flats
  • Nababeep Teen Missing – R75 000 Reward
  • Die Delft – en Maitland-Polisie  het  Hard Toegeslaan
  • State Seizes R90 000 in Cash

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown