Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Bryan-Jade Rhodes _ Die Reis van ‘n Weskus Droom…!

Posted on June 21, 2025June 23, 2025 By The Editor
Community, Sponsored content

Afrikaanse Rapper – Opkomende Akteur – Model – Jeugmotivering spreker

Verslaggewer – George C April

VELDDRIF:- Ek is Bryan-Jade Rhodes, ook bekend as “Beejay Baby” _ gebore en groot geword in Velddrif aan die Weskus.

Ek’s 22 jaar oud, het in 2021 gematrikuleer by Louwville Hoërskool, en ek’s nou op pad om iets ongeloofliks te doen wat ek nooit eers kon droom sou gebeur nie…

Maar kom ek vat jou terug na waar dit begin het:

Ek het altyd gevoel dít,  die “entertainment world”  is te groot vir iemand soos ek.  Ek het toevallig op Facebook ’n oudisie vir akteurs gesien by Camps Bay, maar dit het te fancy en onbereikbaar gevoel.  Toe stuur iemand vir wie ek baie respek het, Chandré Goliath,  vir my ’n kans:  om op die Suidooster TV-reeks op te tree as ekstra. Ek het toe verskyn in 3 episodes, en dít het my selfvertroue gebou.

Ek het op daardie stadium by ’n vriend van my gewoon,  ons noem hom B.Boy _ vir omtrent 5 maande, terwyl ek aktief deelgeneem het aan oudisies in Kaapstad.

Toe kom. die groot een – die IPop Los Angeles Audisie.  Ek het ingeskryf, en dit was ’n ongelooflike ervaring.

Daarna is ek Johannesburg toe vir nog oudisies, en uit 20 kunstenaars van die Wes-Kaap wat daar deelgeneem het, is ek alleenlik gekies vir die internasionale geleentheid.

Die Groot Nuus – Ek is gekies om deel te neem aan die IPop International Acting Auditions in Los Angeles, VSA, wat plaasvind vanaf 4 tot 8 Januarie 2026.

Ek het ’n kans gekry wat duisende drome van maak,  en ek het dit bereik sonder rykdom, opleiding of agentskappe.  Net met deursettingsvermoë, gebed en ‘n klomp drome.

Ek is ook ’n Afrikaanse rap-artist (van Graad 9 af),ek skrywe ook my eie musiek. Maar vir eers konsentreer ek op my uitnoding na Los Angeles.

Ek’t in 2025 begin modelwerk doen om ekstra inkomste te verdien.
Ek praat gereeld met jongmense in ons gemeenskap om hulle aan te moedig om hulself te glo _ ek glo my storie kán ander se toekoms verander.

🙏 Nou vra ek jou met ’n nederige hart:

Help my om hierdie reis moontlik te maak. Donasies, hoe klein ook al,  sal my help om vliegtuie, verblyf en basiese koste te dek om my droom te bereik en ons land internasionaal te verteenwoordig.

Kontakpersoon (Ma): Rozelle Engelbrecht
📞 063 404 5197

Bankbesonderhede:
R. Engelbrecht
Capitec Bank
Rekeningnommer: 2161499676

Dankie vir jou tyd, jou geloof, en jou ondersteuning.

Dis nie net my droom nie, dis ’n pad wat ek loop namens baie ander wat nie kans kry nie.

– Bryan-Jade Rhodes / Beejay Baby

 “Boodskap aan Besighede”

Help ‘n Jong Man om sy Internasionale Droom te Bereik

Besighede kan donasies maak in die naam van maatskaplike ondersteuning of jeugontwikkeling, en sal in aanmerking kom om die bedrag as ‘n aftrekbare belastingvoordeel te eis.

Donasies kan inbetaal word by:
Rekeningnaam: Young Destiny NPO
Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 10234124066
Takkode: 00205.                                         Swift Adres – SBZA ZA JJ

Belangrik:- Stuur asseblief ’n bewys van betaling via die “Contact Us” vorm op die CCN-webblad, sodat ons u bydrae kan registreer.

Baie dankie dat u dit oorweeg om in jongmense soos Bryan-Jade Rhodes se toekoms te belê.

Elke bydrae maak ’n verskil!

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Illegal Diamond Digging Persists as Police Arrest 15
Next Post: DO YOU KNOW WHERE YOUR CHILD IS? ❯

You may also like

Community
Agt Verdagtes Vas oor Moord in Tuinroete
August 18, 2025
Community
Mitchell’s Plain Tiener in Hospitaal Ná Sogenaamde “Grap”
May 14, 2025
Community
Verrassings partytjie ontaard in verrassings rooftog
February 2, 2026
Community
Vredendal Police Ambushed During Mental-Health Call-out
November 25, 2025

Recent Posts

  • Herbegrawing van Gebeendere by Steinkopf moontlik uitgestel
  • South Africa’s Municipal Elections
  • Lavender Hill Gun Bust
  • BREAKING: Five Suspects Arrested for Quadruple Murder
  • Kropz Elandsfontein Mine Strike Enters 2nd Week

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown