Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Mitchell’s Plain Tiener in Hospitaal Ná Sogenaamde “Grap”

Posted on May 14, 2025 By The Editor
Community

Met Soutsuur by ‘n  Slagtery in Mitchells Plain

Berig –  George April  

MITCHELLS PLAIN:-  ’n 17-jarige seun is in die hospitaal opgeneem, nadat hy glo deur iemand aangespoor is om ’n bottel vloeistof te drink,  wat later as suur geïdentifiseer is.

Die voorval het Sondag, 11 Mei 2025, by ’n plaaslike slagtery in Mitchells Plain plaasgevind.

Polisiewoordvoerder, sersant Anelisiwe Manyana, sê Lentegeur-polisie het ’n poging tot moordsaak geopen, ná die voorval wat omstreeks 12:20 die middag plaasgevind het. “Die tiener is glo aangemoedig om vloeistof uit ’n koeldrankbottel op die perseel te drink.  Hy het daarna begin kramp en opgooi en is na ’n mediese fasiliteit geneem vir behandeling,” het Manyana gesê.

Die voorval is eers die volgende dag deur ’n familielid by die polisie aangemeld.  “Die slagtery is intussen deur die owerhede gesluit hangende verdere ondersoek.  Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie,” het Manyana bevestig.

Op hierdie stadium is dit nog nie duidelik wie verantwoordelik was vir die beweerde grap nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Three Suspects Nabbed in Remote Jamming Bust on R300 Highway
Next Post: Tensions Erupt in Hanover Park ❯

You may also like

Community
Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
October 9, 2025
Community
Overcome Heights Community Cries Out
October 22, 2025
Community
Die Van Rhynsdorp Kopseer
March 26, 2025
Community
Vyf Jaar Ná Leo Williams se Dood
July 31, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown