Die Hoë Dienste Rekeninge in die Wes-Kaap, Vererger mense se Bekommernisse en Struggle
Berig:- George April
HOPEFIELD:- Inwoners van die Wes-Kaap, veral in gebiede soos die Skiereiland en die platteland, is al hoe meer bekommerd oor die hoë dienste rekeninge wat hulle maandeliks moet betaal.
Die koste vir basiese dienste soos water, elektrisiteit en vullisverwydering het die afgelope paar jaar drasties gestyg, wat ‘n swaar las op gesinne en veral op pensionarisse plaas.
Die Realiteit van Stygende Koste
Baie inwoners van dorpe soos Hopefield, Vredenburg, en Langebaan rapporteer dat hul maandelikse munisipale dienste rekeninge dikwels R1,500 of meer beloop, selfs vir gesinne wat die meeste van die dag nie tuis is nie. ’n Vrou het onlangs haar frustrasie teenoor ’n gemeenskapsnuuskanaal uitgespreek: “Ek en my gesin is net saans tuis, maar ons dienste rekening vir water en vullisverwydering is elke maand bo R1,300.”
Dit maak nie sin nie.”
Hierdie sentiment word wyd gedeel deur inwoners, wat voel dat hulle hoër tariewe betaal, terwyl hul inkomste nie tred hou met die stygings nie.
Wie is Verantwoordelik?
Die Saldanhabaai Munisipaliteit, wat onder beheer van die DA en Vryheidsfront Plus regeer word, is onder skerp kritiek oor hul bestuur van dienste en kostes. Baie burgers kla dat hulle moet opdok vir ekstra heffings soos die “Day Zero”-levy vir water, ondanks die feit dat daar nooit ’n waterkrisis was nie.
Verder is daar die probleem van veranderende elektrisiteitskoste. ’n Inwoner in die Wes-Kaapse deel haar furstrasie op sosiale media.. “Vroeër het ek 51 eenhede krag gekry vir R200, nou kry ek net 45 eenhede vir dieselfde bedrag. Dis asof hulle dit doelbewus afsny sonder enige verduideliking.”
Die Verband met die BTW-verhoging
Hierdie bekommernisse is vererger deur die onlangse BTW-verhoging, teenoor wat die DA regstappe geneem het. Terwyl die party beweer hulle veg teen verhoogde belasting, stem hulle terselfdertyd in om munisipale tariewe op te stoot, wat tot verdere frustrasie onder inwoners lei.
Oproep tot Aksie
Gemeenskappe het begin mobiliseer deur petisies en gemeenskapsvergaderings te reël om druk op die plaaslike regering te plaas. Baie mense voel dat hulle stemme nie gehoor word nie en vra vir groter deursigtigheid oor hoe dienste en belastings bereken word.
Hierdie aangeleentheid raak elke burger, en dit is noodsaaklik dat leierskap verantwoordelik gehou word vir die finansiële druk wat hulle op huishoudings plaas.
Het jy ook ervaar hoe jou dienste rekening die hoogte in skiet? Deel jou storie sodat ons saam ’n verskil kan maak.
