Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Herbegrawing van Gebeendere by Steinkopf moontlik uitgestel

Posted on March 11, 2026March 11, 2026 By The Editor
Community

Verslaggewer – Isaac Cloete

Namakwaland:- “Geen herbegrawing van voorouerlike gebeendere namens ons, sonder ons, oor ons, of vir ons nie.”Dis die harde en duidelike boodskap van die Steinkopf-inwoners tydens n dingende gemeenskapsvergadering oor die veelbesproke herbegrafnis van Khoi- en San-voorouerlike oorskot.

Dit vergadering het op Maandag, 9Maart, op Steinkopf plaasgevind, nadat dit bekend geword het dat die reëlings van die herbegrafnis glo deur regerings-owerhede in die Noord-Kaap gekaap word.

Daar was voorheen n Taakspan gestig om die proses te lei en te fasiliteer.

Volgens kapt Paul Swartbooi van die Nama’s, was daar nie voldoende konsultasie met die plaaslike inwoners nie, soos geopper in die vergadering:

“Die gemeenskap het ernstige kommer en ontevredenheid uitgespreek oor die huidige proses rondom die beplande herbegrafnis.
“Die gemeenskap verlang volle deelname, konsultasie en toesig oor alle prosesse voordat enige herbegrafnis gaan plaasvind.
“Die herbegrafnis moet dus uitgestel word totdat regeringsamptenare met die gemeenskap deeglik vergader.”

Die gemeenskap het verder besluit dat aan alle relevante regeringsamptenare, belanghebbendes, mediahuise en geraakte gemeenskappe hieroor gekommunikeer sal word.

Die regeringsamptenare was verder versoek om binne sewe dae vanaf die datum (9Maart) van hierdie vergadering met die gemeenskap te skakel, vir beraadslaging.

Die vergadering het voorts besluit dat die beplande herbegrafnis op 23 Maart, tydelik uitgestel moet word. Dit was veronderstel om by Kinderlê, net buitekant Steinkopf, plaas te vind.

Van die grootste besware, behalwe genoegsame konsultasie, is die feit inwoners nie rêrig sal baat nie, het hulle aan CC News vertel. So byvoorbeeld was n “volksvreemde” hoofkantrakteur aangestel, wat die begrafnis moet hanteer, vertel hulle.

Plaaslike maatskappye of indiwidue moet dan tevrede wees met krummels omdat hulle slegs betrek gaan word as sub-kontrakteurs, volgens n plaaslike besigheidsvrou.

“Namakwalandse mense is mansgenoeg om sulke events suksesvol aan te bied.
“Ons doen dit al vir jare, waarom nie nou nie,
“Hoe sou dit lyk as die Nama-mense gaan baasspeel by n Zulu-of Xhosa-begrafnis in hulle areas.?”

Volgens inligting was daar sewe maatskappye wat aansoek gedoen het om die te hanteer. Tenderaars van Namakwaland was nie aangestel as die hoofkontrakteur nie, maar een buitekant die streek. Dit is Maikemisetso, een met geen bande met die KhoiSan of Nama-groepe nie.

Hierdie toedrag van sake het plaaslike diensverskaffers rooi om die wange, omdat hulle uitgesluit was, het n bekende entrepeneur vertel.

Swartbooi het afgesluit:

“”Ek maak my stem dik, as een van die leiers van die gemeenskap.
“Maar ook weens my bloedlyn afkomstig van Nama-leiers.
“Ek was vir jare voorsitter gewees van die Khoi/San- en Nama-komitees.”

Bryan Minnies, onder-voorsitter van die Taakspan, het gesê dat die herbegrafnis nie kan stop nie.

“Ons kan nie 25 jaar se harde werk nou ongedaan maak nie
“Alle kanale en protokolle was gevolg,
“Maar ons het nie beheer oor uitkomste nie.
“Namakwaland gaan meer by die begrafnis baat as die ander streke

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: South Africa’s Municipal Elections
Next Post: Soccer Night Turns Deadly ❯

You may also like

Community
Groot dwelmslag in Matzikama
August 18, 2025
Community
Tensions Erupt in Hanover Park
May 14, 2025
Community
HIJACKED VEHICLE ALERT
October 5, 2025
Community
Crime on R300
April 7, 2025

Recent Posts

  • CRIME CRACKDOWN ACROSS CAPE FLATS
  • ANC – SACP Rift Deepens
  • Namakwa SAPD versterk Gemeenskapsbande
  • Groot Probleme met Internskappe
  • LEARNERSHIP OUTCRY: Northern Cape Participants

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown