Baba se liggaampie op sypaadjie gevind.
KAAPSTAD:- Die Manenberg-gemeenskap is diep geskok ná die hartseer ontdekking van ’n pasgebore baba se liggaampie op ’n grasstukkie naby die hoek van Orion- en Turfhallweg.
Volgens die polisie het hulle op Dinsdag, 24 Junie 2025, op ’n oproep gereageer. By hul aankoms het hulle die lewelose liggaampie van die onbekende baba op die sypaadjie gevind.
’n Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede rondom die tragiese voorval te bepaal. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie en die ondersoek duur voort.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom. Inligting kan anoniem deurgegee word deur Crime Stop by 08600 10111 te skakel, of deur die MySAPS-selfoontoepassing te gebruik.