Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Gruwel Moord -Gemeenskap in Skok

Posted on December 9, 2025December 10, 2025 By The Editor
Community

Liggaam onder Brug Gevind

CCN Nuus

CERES:- Die gemeenskap van Ceres is in rou en ongeloof gedompel, ná ’n wrede en afskuwelike ontdekking.Onder die Voortrekkerweg-brug is die liggaam van ’n man aangetref,  op ’n wyse wat die gemeenskap diep ontstel het en vrae laat ronddwaal oor die omvang van geweld in ons land.

Die Ontdekking

Die toneel was vir baie te traumaties om te verwerk.  Die man se liggaam was erg vermink, ’n duidelike teken van ernstige geweld.
Wat daar gebeur het, was nie bloot ’n moord nie,  dit was ’n daad van brute ontmensliking,  iets wat die inwoners van Ceres steeds nie kan begryp nie.

Spoedige Optrede

Die polisie het vinnig gereageer en ’n verdagte is kort daarna in hegtenis geneem. Volgens bronne is die persoon glo met bebloede klere betrap wat in ’n sak versteek was.
Die arrestasie bring ’n mate van hoop, maar die gemeenskap sit steeds met vrae:  Wat het tot hierdie grusame daad gelei en hoekom so wreed?

Rou en Hoop

Die voorval het die mense van Ceres opgebreek, angstig en hartseer gelaat.
Die slagoffer was meer as net ’n naamloos liggaam,  hy was iemand se kind, iemand wat behoort het.

Mag geregtigheid se pad vinnig en regverdig loop.  Mag sy familie troos vind in hierdie donker tyd.

En mag ons as ’n land saamstaan teen die vlaag van geweld wat te veel huise reeds in trane gedompel het.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Missing Boy’s Body Disappears from Mortuary
Next Post: When Crime Becomes Culture – Where Are We Heading? ❯

You may also like

Community
Hawston in Mourning After Double Murder Rocks Community
May 12, 2025
Community
Man in Court over Girls Friend’s Dead.
May 2, 2025
Community
Our Kids – Their Safety in Our Hands
June 25, 2025
Community
Wolseley sê – Geen Borgtog vir Kinder Aanrander
August 28, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown