CCN Redakteur – George April
Sport gemeenskappe, in hierdie storie, Liewe Hopefield-gemeenskap, krieket liefhebbers en almal wat die Wanderers se storie ken…

Ons eindig die jaar 2025, wat ook die 50ste bestaansjaar van die Hopefield Wanderers Krieketklub is, ‘n klub wat in 1975 deur ‘n groep jong, passievolle mans gestig is.
Met min hulpbronne, maar met groot harte en opofferinge, het hulle op grond- en gruispaaie begin speel, toerusting per trein in die Kaap gaan koop en ‘n naam gebou wat sinoniem was met krieket grootsheid aan die Weskus.
Vir sewe jaar lank was Wanderers die voorste klub in die Weskus Krieketliga, ‘n prestasie wat niemand ná hulle kon ewe nie. Legendes soos Charl Johnson, Ronnie Louw, Hannie Carolus, Nico Louw (wat 15 jaar as voorsitter gedien het), en die oorlewendes Freddie Papier, Gabba Papier, Rual Makka, Willem Esau, Franklin Kleinsmith en Trevor Louw het die klub se hartklop geword.
Maar vandag dra die oorlewende stigterslede ‘n swaar pyn in hul harte. Hulle het jaar na jaar genoem vir erkenning van hierdie goue mylpaal, vir ‘n viering wat hul nalatenskap eer en die storie aan die jonger geslag oordra.
Ongelukkig lyk dit of die huidige bestuur en spelers nie belangstel nie. 13 van die oorspronklike lede is reeds heen, en hul legacy dreig om saam met hulle begrawe te word.
Menere, God sien julle pyn, ooms en tantes. Julle het die klub tot groot hoogtes geneem, iets wat ná julle nie weer gebeur het nie. Julle verdien dat die gemeenskap opstaan en sê: Dankie. Julle storie móét vertel word.
Wat dink julle, Hopefield?
Is dit tyd om die stigters te eer? Deel julle herinneringe, foto’s of stories hieronder.
Laat ons saam verseker dat hierdie 50 jaar nie in stilte verbygaan nie. 🏏❤️
#HopefieldWanderers #50JaarKrieket #EerDieStigters #WeskusKrieket
https://ccnews.co.za/2025/02/06/50-jaar-van-kriekettrots/)
Ek en nog ‘n oud-rugbyspeler gesêls Sondagaand van die eerste twee rugbyklubs, Universals en Primroses. (Toe was daar nog rugby gespeel, vandag word daar “ge-model” op rugbyvelde – die mening is nie om enige rugbyklub te verneder nie)
My eerlike mening oor ons sport besture vandag – Dit draai rondom status en nie leierskap nie.
Ek voel die pyn saam met die stigterslede van ons gemeenskap se Krieketklub – Baie dankie vir wat julle begin het om ons jongmense te uplift. 💞

