Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Tuimel Die Polisie In ‘N Krieses

Posted on July 8, 2025July 8, 2025 By The Editor
National News

Terwyl die President in die Buiteland is?

CCN Verslaggewing.

Weskus:- Hoe ernstig is die korrupsie regtig  in ons polisie?

En waarom is daar nou soveel stilte van ons regering se kant af?

Die nasionale polisiehoof in KwaZulu-Natal, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, het skokkende onthullings gemaak wat duidelik aandui: iets is baie verkeerd binne die SAPD.

Hy het bevestig dat 121 moordsake,  verbonde aan politieke moorde, van die spesiale taakspan weggeneem is, net voordat die eenheid ontbind is. Hierdie taakspan het sedert 2018 meer as 100 skuldigbevindinge behaal.  Hoekom ontbind mens so ’n suksesvolle span?

Volgens Mkhwanazi,  Is wapens wat verbind word met bekende moorde in Gauteng (insluitend kunstenaars) in polisie se besit, maar niks is daarmee gedoen nie.

– Is senior polisiebeamptes betrokke by korrupsie.

– Het Minister van Polisie, Senzo Mchunu, glo kontak gehou met verdagtes in kriminele ondersoeke.

– Maar Waar is Ons President?

President Cyril Ramaphosa is tans buite die land op ’n staatsbesoek. Maar, leierskap vat nie vakansie wanneer jou mense onseker en onveilig voel nie.
Die publiek wag op antwoorde – en niemand in die regering het nog gereageer op hierdie ernstige bewerings nie.

– Vrae aan die President

1. Waarom is die taakspan ontbind voor die 2026-verkiesings?

2. Ondersteun u generaal Mkhwanazi – of word hy stilgemaak?

3. Hoekom is daar geen ondersoek na die minister se beweerde kommunikasie met misdaad verdagtes nie?

4. Wat gebeur met die wapens in polisie-besit wat verbind word met bekende moorde?

5. Sal u ‘n onafhanklike kommissie aanstel om politieke inmenging in die polisie te ondersoek?

Suid – Afrikaners soek antwoorde

Ons het eerlike leiers en beamptes nodig wat die waarheid dien. Die mense van dié land het die reg om te weet wie hulle beskerm,  en wie hulle verraai.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post:  United in Service – Honoring Paramedics
Next Post: Millions in Local Profits – Our Children Still Suffer ❯

You may also like

National News
Malema Calls for Charges Against Solidarity & AfriForum
November 25, 2025
National News
GBV & Famicide a National Disaster
November 21, 2025
National News
FROM MIRACLE TO MELTDOWN – BOTSWANA’S COLLAPSE
September 2, 2025
Headline
“Mixing hatred with racism benefits no one.”
June 3, 2025

Recent Posts

  • SAPS Slaan Toe op Dwelms en Vuurwapens in Malmesbury
  • Western Cape Authorities Seize Illicit Liquor
  • Calvinia SAPS bring Warmte en Hoop
  • Groot Onmin na Koperkabel Diefstal
  • Lutzville-Gemeenskap Verwelkom Konstruktiewe Gesprek

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown