Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Vyf Jaar Ná Leo Williams se Dood

Posted on July 31, 2025July 31, 2025 By The Editor
Community

‘Tyd van Stilbly is Verby,’ sê Raadslid Thyrone Williams

Verslaggewer – George April

Laingville:-  Vandag, op die vyfde herdenking van die dood van die jong Leo Williams, het Thyrone Williams,  raadslid van Laingville, St. Helenabaai,  ‘n roerende boodskap op Facebook gedeel wat die pyn van ‘n gemeenskap vasvang wat steeds wag op geregtigheid én basiese dienslewering.

 “Terwyl ek die post skryf, loop my trane,  trane van blydskap en trane van hartseer,” het hy geskryf.  “Vandag presies 5 jaar gelede is my kleinkind gebore, op dieselfde dag wat Leo Williams geskiet is deur POPS ná ‘n vreedsame betoging oor dienslewering.”

Leo, slegs 9 jaar oud, is in die kop geskiet met ‘n rubberkoeël, tydens ‘n optog in Laingville in 2020.  Hy is later in die hospitaal oorlede. Geen arrestasies is tot op hede gemaak nie, ondanks beeldmateriaal wat duidelik toon hoe polisie op betogers losbrand.

‘Ons sit nog presies waar ons 5 jaar gelede gesit het’

Volgens Williams het daar min of geen ontwikkeling plaasgevind sedert daardie tragiese dag nie. “Ons huise in Laingville kan net nie van die grond af kom nie. Steenberg’s Cove sit nou nog met niks. Stompneusbaai se mense het grond ontvang van Oceana – maar sit steeds sonder ontwikkeling,” het hy aan sy volgelinge vertel.

Sy woorde het vinnig gemeenskapslede laat reageer met hul eie emosionele bydraes.

Chris West skryf: “Ek voel jou, leier. Jou hart lê by jou mense. Let the fight continue,  your community believes in you.  One day is one day. Ek salute jou!”

Jasmyne Jess Reid het ‘n boodskap vir Leo se geheue agtergelaat: “RIV engelkind 🕊️🕊️ Leokie. God sal eendag afreken met hulle wat dit aan jou gedoen het, want tot nou toe is niemand in hegtenis geneem nie. 😡😡 Die video’s wys duidelik hoe hulle geskiet het, alles op Doornbaai-straat.”

Sarah Isaacs het beide empatie en dankbaarheid uitgespreek: “Baie geluk met jou kleinseun se verjaarsdag. Mag die Here seën met nog vele. Baie dankie vir jou diens in die gemeenskap, Thyrone Williams. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Ek wens net iemand wil opstaan in die Cove vir ons grond,  ander mense bly op ons plek.”

‘Tyd van stilbly is verby’

Williams se boodskap sluit af met ‘n kragtige verklaring: “Tyd van stilbly is verby. My hart is seer net vir die feit dat ons ‘n kind verloor het in die proses – maar ons sit nog presies waar ons 5 jaar gelede gesit het.”

Die tragedie rondom Leo Williams bly ’n rou wond in Laingville, en die woorde van ‘n raadslid én sy gemeenskap wys duidelik: hulle vra nie net geregtigheid vir Leo nie – hulle eis ‘n beter lewe vir die lewendes.

Foto – 5 jarige Thylon Williams –

 Uitgeligte foto –  Leo Williams

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Kaapse Vlakte In Skok – 5 Jarige Doodgeskiet en…
Next Post: Attorney Arrested for Recording Police – Court Rules It Unlawful ❯

You may also like

Community
Aan die Bendes wat Ons Gemeenskappe Vernietig
October 9, 2025
Community
Gunshots Fired During Funeral
May 15, 2025
Community
Tragedy in Philippi – Student Killed
June 5, 2025
Community
Hoe vier Matzikama-leiers Vrouedag
May 11, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown