Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Rusie Eindig in Bloedbad

Posted on August 4, 2025August 5, 2025 By The Editor
Community

Man in Kritieke Toestand

Berig – George April

Malmesbury:- ‘N  24-jarige man is Saterdagaand ernstig beseer in ‘n voorval wat hom op Vinkstraat in Malmesbury afgespeel het.

Volgens berigte is die man drie keer gesteek,  glo deur sy meisie, haar vriendin en haar tannie  ná ‘n rusie tussen hom en sy meisie uitgebreek het.

Bronne naby die toneel beweer die man was onder die invloed van alkohol en het glo aggressief begin raak, waarna die drie vroue na bewering teruggekap het. Die man is glo twee keer met ‘n mes gesteek, en een keer met ‘n stukkende bottel.

Hy is in ‘n kritieke toestand na Tygerberg Hospitaal vervoer, waar hy tans onder intensiewe sorg is.

Tot op hede is geen arrestasies gemaak nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

Op sosiale media is verskeie menings gedeel oor die insident. Sommige gebruikers meen die vroue het net hulself verdedig teen die man se aggressie, terwyl ander vra dat geregtigheid moet geskied vir die ernstige beserings wat hy opgedoen het.

“Ons het dit hoor gebeur,  dit was chaos. Ek hoop almal praat die waarheid, want iemand kon dood gewees het,” het ‘n inwoner op Facebook geskryf.

Die gemeenskap wag nou gespanne op verdere inligting van die owerhede.

Please share with your friends:


Post navigation

❮ Previous Post: Unlawful Land Occupation Prevented in Tulbagh
Next Post: Scary But True – Western Cape Drowning in Bloodshed ❯

You may also like

Community
Hopefield se Riethuisie en Swembad
March 11, 2025
Community
In Loving Memory of Mr Denver Christians
June 18, 2025
Community
Metrorail Service Disruptions Impact Cape Town Commuters
March 10, 2025
Community
15 Skoolkinders Beseer in Minibustaxi Ongeluk.
November 17, 2025

Recent Posts

  • Rugstekery in Saldanhabaai
  • Atlantis Double Murder Case
  • “Cederberg en Ceres Onder Water”
  • War Comes Home
  • Fadiel Adams se borgaansoek uitgestel tot Vrydag

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown