Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Click Here or on the picture to read more.

Groot Dwelmslag in Pofadder

Posted on August 14, 2025August 14, 2025 By The Editor
Community

Berig – Isaac Cloete

Pofadder:- Die Namakwa Distrik Taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) het Woensdag, 13 Augustus 2025, in die vroeë oggendure ’n groot deurbraak gemaak.

Dit was  tydens ’n gesamentlike Operasie, naamlik Shanela II in Pofadder. Die suksesvolle aksie het gelei tot sewe arrestasies en die beslaglegging van dwelms en kontant ter waarde van byna R50 000.

Volgens inligting wat deur die Namakwa Distrik Taakspan ingesamel is, is verskeie persele deursoek. Dit het gelei tot die arrestasie van drie mans, vermoedelik buitelanders tussen 32 en 38 jaar oud, en vier vroue tussen die ouderdomme van 20 en 75 jaar.

Die polisie het Tik, Mandrax en dagga gekonfiskeer met ’n geskatte straatwaarde van R49 969,71, asook kontant wat vermoedelik uit misdaad verkry is.

Distrikskommissaris, Brigadier Schalk Andrews, het die taakspan geloof vir hul uitstekende werk en het SAPD se verbintenis herbevestig om operasies te verskerp en misdaad in die distrik uit te roei.

Navrae:
Kaptein Ivan Magerman
Namakwa Kommunikasie beampte
📞 083 478 9317
📧 MagermanIC@saps.gov.za

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Guns & Liquor in Ocean View
Next Post: Hopefield Hidden Past: Beyond the Official Story ❯

You may also like

Community
Elderly Man Nabbed in Pumlani Village
July 29, 2025
Community
TUNE IN TODAY– Tuesday !
June 30, 2025
Community
Man Shot on FootBridge
June 26, 2025
Community
Police Operations Yield Positive Results Across the Cape
October 6, 2025

Recent Posts

  • SAPS Arrest Suspects for Ellegal Firearms
  • Saldanha Bay: Passing of GOOD Councillor – Bjorn Witbooi
  • Polisie Slaan Toe op Onwettige Vuurwapens
  • Community Tension Rises after Double Murder
  •  “Pofadder-Naars” Baklei oor Erwe – Saak beland in hof..!

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown