Berig – George April
WOLSELEY:- Die Wolseley-gemeenskap maak hulle stemme dik en weier om stil te bly na die wrede aanranding van 4-jarige Jade Mars.
Die beskuldigde, Donevin de Goede (20), verskyn vandag, Vrydag 29 Augustus 2025, in die Wolseley Landdroshof waar die kwessie van borgtog aan die orde kom.
Die voorval het die dorp en omliggende gemeenskappe diep geskok. Jade is ernstig beseer en moes in Tygerberg-hospitaal behandel word nadat hy deur haar ma se kêrel aangerand is. Die grusame aanval het nie net ’n gesin gebreek nie, maar ook ’n gemeenskap, verenig in woede en vasberadenheid om geregtigheid te eis.
“Ons sê: Geen borgtog vir kinderaanwander nie!” roep gemeenskapslede wat môre buite die hof bymekaar gaan kom. Hulle sê genoeg is genoeg, die land se toekoms lê in sy kinders, en dit kan nie langer toegelaat word dat kindermisbruikers ongestraf wegkom nie.
Suid-Afrika word reeds geknel deur geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling, en gemeenskapslede meen dit is tyd dat die regstelsel ’n harde standpunt inneem teen dié misdade.
Die gemeenskap roep alle inwoners, ouers, jongmense en besorgde burgers op om môre hul teenwoordigheid by die hof te wys:
Datum: Vrydag, 29 Augustus 2025
Plek: Wolseley Landdroshof
Tyd: 08:00
Met kerslig, plakkate en hul stemme sê Wolseley saam:
– Geregtigheid vir Little Jade Mars
– Geen Borgtog vir “kinder mishandelaars”
“Elke kind verdien ’n veilige huis, liefde en beskerming. Môre staan ons nie net vir Jade nie, maar vir elke kind in Suid-Afrika.”
Foto’s verskaf.