Verslaggewer – Felicity Jooste
Vanrhynsdorp:- Die Vanrhynsdorp SAPS, in samewerking met Provinsiale Verkeer, het op Vrydag, 3 Oktober 2025, ’n groot sukses behaal tydens ’n voertuig kontrolepunt opgestel langs die pad.
’n Blou Mazda Etude met vier insittendes is afgetrek en deursoek. Tydens die soektog het beamptes twee groot sakke vol dagga in die voertuig gevind. Die dwelms is gekonfiskeer en al vier die verdagtes, tussen die ouderdomme van 22 en 49 jaar, is in hegtenis geneem vir handel en besit van dagga.
Die verdagtes het Maandag, 6 Oktober 2025, in die Klawer-landdroshof verskyn.
Die polisie het die publiek bedank vir hul samewerking en beklemtoon dat sulke roetinesiektes deel is van hul poging om dwelmmisdaad in die streek hok te slaan.