Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gansbaai & Masakhane vuur situasie bly Kritiek

Posted on November 25, 2025November 26, 2025 By The Editor
Headlines, Uncategorized

CCN Nuus

GANSBAAI:-  Die brande wat Maandag in die Gansbaai- en Masakhane-gebied uitgebreek het, woed steeds hewig, met brand- en noodspanne wat op maksimum ontplooiing werk om die vuur onder beheer te kry.Volgens die Overstrand Munisipaliteit word beide direk en indirekte blus tegnieke by die brande toegepas, ondersteun deur helikopters en ’n groot aantal grondspanne.  Die brand in die Grootbos-gebied het rondom infrastruktuur  beweeg, en is besig om in die rigting van die Koudevlakte te vorder.  Ondanks die intensiteit van die vuur, slaag spanne daarin om dit binne vooraf bepaalde blokke te probeer hou, maar talle spot fires lei tot voortdurende uitdagings.

Die Masakhane-brand bly in één blok beperk,  maar die omtrek word as  “uiters warm” beskryf.  Brandbestryders fokus daarop om die vuur te stabiliseer en te keer dat dit uitbrei.

’N groot hoeveelheid hulpbronne is ingestel, waaronder Overstrand Munisipale Brandweer,  Overberg Distriksmunisipaliteit,  FMU en plaaslike grondeienaars,  goFPA,  Leading Edge Aviation, Working on Fire (WOF), NCC, asook Overstrand Verkeer en Wetstoepassing.

Die Eskom-span is op die toneel en het verskeie afgebrande pale op beide die 66 kV- en 11 kV-lyne geïdentifiseer. Aanhoudende vuuraktiwiteit bemoeilik ’n volledige assessering van die skade, en daarom kan Eskom nog nie ’n beraamde hersteltyd verskaf nie.

Die R43 bly gesluit weens swak sig en gevaarlike omstandighede.  Motoriste word versoek om alternatiewe roetes te gebruik totdat die pad veilig verklaar kan word.

Munisipale bestuurder Dean O’Neill het inwoners bedank vir hul geduld en versoek dat mense die gebied vermy om reddings- en brandbestrydingswerk nie te ontwrig nie.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Award-Winning Municipality Under Fraud Spotlight
Next Post: Community Crime Alert ❯

You may also like

Headlines
Community Divided Over Tragic Piketberg Stabbing Case
March 25, 2025
Uncategorized
BREAKING NEWS – Gang Shooting in Bontheuvel
October 3, 2025
Uncategorized
Maitland Flying Squad gryp gekaapte Hilux in Nyanga
January 18, 2026
Uncategorized
City Law Enforcement Officer Arrested
April 24, 2025

Recent Posts

  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema
  • CCN EXCLUSIVE – Trump’s War Hits South African’s Pumps

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown