Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


Gemeenskap dring aan: “Geen borg vir Beskuldigde in 12-jarige se Ontstellende Seksaksie-saak”

Posted on December 2, 2025 By The Editor
Community

CCN Redakteur – George April

CITRUSDAL:-  Borgtog aansoek verrigtinge in die hoogs sensitiewe saak teen ’n welbekende Citrusdal-besigheidseienaar, wat teregstaan op klagte van seksuele aanranding en kinderverleiding van ’n 12-jarige meisiekind,  is vandag uitgestel tot Donderdag 4 Desember nadat die beskuldigde se prokureur nie beskikbaar was nie.

Die gemeenskap bly verdeeld, maar verskeie burgerreggroepe, plaaswerkers organisasies en aktiviste herhaal hul standpunt:  die beskuldigde mag nie borg kry nie, aangesien dit volgens hulle die kind se veiligheid en die integriteit van die ondersoek in gevaar kan stel.

Billy Claasen: “Ons kan nie hierdie soort oortreders in ons gemeenskappe toelaat nie”

Bekende gemeenskaps aktivis Billy Claasen het in die laaste  formele borgtog aansoek deur die beskuldigde,  verlede maand in die Citrusdal hof getuig. Dit het gevolg nadat die beskuldigde beweer het dat Claasen ’n “persoonlike vendetta” teen hom sou hê, iets wat Claasen ten sterkste ontken het.

Volgens Claasen se getuienis, was hy slegs gekontak deur ’n lid van die Citrusdal-gemeenskap,  nadat die kind se ma vrees uitgespreek het dat die saak nie behoorlik hanteer sou word nie.  Veral omdat vorige klagtes teen die beskuldigde by die Citrusdal-polisie na bewering nie ondersoek is nie.

Claasen het beklemtoon:

“Ek is nie hier oor ras nie. Ek is hier omdat ’n kind na bewering ernstig benadeel is. Die gereg moet sy gang gaan,  of die beskuldigde wit, bruin of swart is.
Organisasies wat teen GBV veg, sal die saak monitor tot die einde toe. Ons kan nie meer sulke oortreders in ons gemeenskappe toelaat nie.”

Hy het verder aangedring dat geen borg toegestaan moet word nie, aangesien die kind se emosionele toestand reeds kritiek is.

Maatskaplike werker: “Die leerder is seergemaak, bang en het uitdruklik gesê sy sal selfdood oorweeg as borg toegestaan word”

’n Maatskaplike werker het ná Claasen getuig en haar professionele verslag aan die hof voorgehou.

Volgens haar verklaring:

  • Die skool het haar gekontak nadat die dogter tekens van ernstige trauma getoon het.
  • Die leerder was “ongelukkig, emosioneel seergemaak en duidelik bang”.
  • Die kind het beskryf dat die beskuldigde na bewering aan haar private dele geraak het.
  • Sy het verder onthul dat hy “seksuele speelgoed” vir haar gekoop het.
  • Die meisiekind het verduidelik dat voorvalle na bewering plaasgevind het
    • in die kamer waar sy geslaap het,
    • in die sitkamer, en
    • oppad werk toe saam met die beskuldigde.
  • Die maatskaplike werker het aan die hof gesê:

“Die leerder het uitdruklik genoem dat sy haar lewe sou neem indien die beskuldigde borg kry.”

Hierdie verklaring het duidelik ’n swaar impak op die hof gehoor gehad.

Rasvooroordeel-vrae duik weer op

Verskeie gemeenskapsleiers het buite die hof gesê dat gesprekke oor vermeende rassevooroordele in hofsake al jare bestaan.

Met die erns van die bewerings, sê hulle, is die vraag nou:
Sal die beskuldigde borg kry, of sal die hof ’n sterk voorbeeld stel in ’n streek waar slagoffers gereeld voel hul stemme word nie gehoor nie?

Die staat en aktiviste hou voet by stuk dat die kind se veiligheid top prioriteit moet wees.

Saak hervat Donderdag

Die borgtogaansoek sal Donderdag 4 Desember voortgaan, waarna verwag word dat die hof ’n beslissing sal oorweeg, oor of die beskuldigde in aanhouding sal bly hangende sy verhoor.

CCN sal die saak noukeurig monitor en verdere opdaterings voorsien.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Diamond Dealer Louis Liemenberg – Still Behind Bars in 2025
Next Post: Twee Wetstoepassers in die Weskaap Gearresteer ❯

You may also like

Community
Nuwe Huise – 89 jarige Bejaarde Sprakeloos
April 1, 2025
Community
Community Reservists – Join the Team
March 19, 2025
Community
SA Van Wyk Hoërskool Vier Goud
August 8, 2025
Community
Hopefield se Wewefprojek – Weef Hoop & Samehorigheid
June 10, 2025

Recent Posts

  • EXCLUSIVE: Judge Sulet Potterill Assisted Keith Keating to Loot R768 Million from SAPS
  • Justice Delayed – Justice Denied?
  •  Delft-ma kla polisie aan
  • Nege Verdagtes vasgetrek in Atlantis
  • EFF Leader – Julius Malema

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown