Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Malmesbury Polisie slaan hard toe teen onwettige vuurwapens en geweld

Posted on January 8, 2026 By The Editor
Headline

Malmesbury:- Die lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Malmesbury toon onwrikbare toewyding in die stryd om onwettige vuurwapens van die strate te verwyder en geweld te bekamp.

Op Woensdag, 7 Januarie 2026, het lede van die Misdaad voorkomingseenheid op inligting gereageer oor ‘n persoon, in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen by ‘n adres in Thabong-straat, Ilingelethu.  Hulle het ‘n deeglike deursoeking gedoen en die vuurwapen onder ‘n matras in die hoofslaapkamer van die huis gevind. Tydens ondervraging van die bewoners het dit aan die lig gekom dat die eienaar van die vuurwapen,  twee jaar gelede oorlede is.  ‘N 49-jarige man is in hegtenis geneem en sal vandag  sy eerste verskyning in die Malmesbury Landdroshof gemaak het.

In ‘n aparte insident het die polisie se volgehoue inspanninge gelei tot die inhegtenisneming van ‘n verdagte in verband met ‘n skietery.  Op Maandag, 5 Januarie, omstreeks 18:45, het lede op ‘n klagte in Chartsworth gereageer waar twee persone geskiet was.  Een van die slagoffers het op die toneel beswyk, en die polisie is ingelig dat die verdagte te voet gevlug het. Die lede het dag en nag gewerk en na die verdagte gesoek.  Op Woensdag, 7 Januarie 2026, in die vroeë oggendure,  het hulle die 22-jarige man uit sy wegsteekplek in Elsies River gehaal.  Hy het verder aan die polisie gewys waar hy die vuurwapen weggesteek het.

Die verdagte sou ook vandag, in die Malmesbury Landdroshof verskyn.

Hierdie suksesvolle operasies onderstreep die Malmesbury-polisie se verbintenis tot die veiligheid van die gemeenskap en die verwydering van gevaarlike wapens uit sirkulasie.

(Bron: SAPD-mediaverklaring)

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Heartfelt Thanks from West Coast Sports Solutions NPO
Next Post: Off – Duty Firefighter Fatally Stapped ❯

You may also like

Headline
Alleged Vioolsdrift Double Murderer in Springbok High Court
May 20, 2026
Headline
High Court Grants Bail to 10 Anti-Gang Unit Members
January 30, 2026
Headline
Breakthrough in Marikana Shebeen Massacre
January 26, 2026
Headline
Cape Town Taxi Driver on the Run
December 7, 2025

Recent Posts

  • Police Make Breakthrough in Samora Machel Church Robbery
  • Hopefield Rugbyklub en Phelan Green Group Vennootskap
  • BYBELKLAS” ONNIE VAN VIOOLSDRIFT GEVONNIS
  • Residents Demand Answers on Water Risks, Biodiversity Loss & Opaque
  • City of Cape Town Finance Mayco Member’s Home Raided

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown