Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us


NUWE ONKOLOGIE-FASILITEIT BINNEKORT GEOPEN EN VERNOEM

Posted on February 7, 2026February 7, 2026 By The Editor
Headline

Binnekort sal die nuwe mediese fasiliteit by die Springbok geopen word

Verslaggewer – Isaac Cloete

Springbok”- Dit sal dan waarskynlik ook vernoem word na n bekende en plaaslike inwoner, wyle Jacobus “Boeboe” van Wyk.

Hierdie eenheid is die onkologie of chemo-terapie eenheid wat in 2025 by die dr Izak van Niekerk hospitaal te Springbok begin aanbou was.

Dit was onlangs voltooi teen n koste van ongeveer R20 milj en behoort op 25 Februarie ampetlik ingewy te word volgens beplanning.

Die eenheid is die inisiatief van plaaslike dokters en die departement van gesondheid, wat met die befonders, die Vedanta sinkmyn, onderhandel het. Dié myn is naby Aggeneys in die Noord-Kaap.

Volgens die aanvanklike beplanning behoort die eenheid uiteindelik ongeveer 240 pasiënte per maand te kan hanteer. Daar is voorsiening gemaak vir tien beddens en dit beskik oor alle moderne mediese toestelle en apparate. Verdere uitbreidings ten opsigte van radioterapie word ook vir die toekoms in die vooruitsig gestel.

Oor die algemeen is plaaslike inwoners tevrede en opgewonde oor die nuwe toevoeging. Dit behoort hulle gesondheid en lewensgehalte te verbeter. Ongelukkig sal baie pasiënte steeds na groter sentra en hospitale moet gaan vir kankerverwante behandeing.

Behalwe vir die moderne eenheid het Springbok steeds nie n spesialis onkoloog nie. Pasiënte moet dus steeds na Kimberley (800km) reis, vir n diagnose. Hier sal hulle steeds bestraling moet ontvang, indien nodig. Nadat hulle n voorskrif in Kimberley ontvang het kan hulle terugkom om die reeks chemo-behandelings in Springbok te ontvang.

Volgens Gemsbok se jongste inligting sal die nuwe onkologie-eenheid aanvanklik net ongekompliseerde chemo-terapie kan toedien. Omdat dit n nuwe chemo-sateliet is, sal ander dienste later uitbrei sodra die eenheid in volle swang is.

Vijay Kumar, adjunk-uitvoerende hoof van Vedanta het vroeër gesê dat dit mylpaal is. En dat die mylpaal n fondasie van hoop en n beter toekoms is vir die plaaslike gemeenskappe.

Verlede week het verskeie amptenare van die departement van gesondheid n draai gaan maak by die nuwe kompleks. Dit was slegs n meet en greet besoek om die nuwe LUR van gesondheid en departementele hoof van gesondheid aan die hospitaalpersoneel bekend te stel.

 * Intussen is plaaslike dokters, soos dr Gustav Bock-hulle, al lank besig om n streekshospitaal vir die Namakwa gebied in Springbok te help vestig.

Volgens Bock het hy al verskeie skrywes aan die owerhede en belanghebbende groepe gerig. Hy het gese:

“Ek het voorheen ongeveer ses privaat hospitaal-groepe genader om n privaat hospitaal op Springbok te vestig.

“Ongelukkig was die ekonomiese klimaat op daardie stadium nie rooskleurig genoeg nie.”

Voorts het hy al verskeie briewe aan die departement van gesondheid gerig vir die beplanning en oprigting van n nuwe streekshospitaal. Dit was nooit beantwoord nie, het hy vertel.

Hy en die ganse Namakwa-distrik het egter nog nie moed verloor en nuwe pogings sal binnekort aangewend word om die droom en ideaal te help realiseer. 

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Wynberg-hof-moordsaak op pad na Hooggeregshof?
Next Post: Donderstorms word vir twee dae in Wes-Kaap voorspel ❯

You may also like

Headline
Groot Dagga – vangs tydens Padblokkade
October 6, 2025
Headline
Triple Murder Shocks Athlone
February 18, 2026
Headline
SA Rand hits Multi-Year Hight
January 14, 2026
Headline
Warning to Motorists
March 7, 2025

Recent Posts

  • Massa Skietery in Kalksteenfontein
  • Olie Prysskok weens Midde Ooste oorlog
  • CCN Exclusive: Hanover Park Chaos
  • Drie mans vanoggend doodgeskiet by taxi staanplek
  • Soccer Night Turns Deadly

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown