Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Kropz en Trollope reageer op CCN-navrae

Posted on July 1, 2026 By The Editor
Headline

Oor afdanking van Hopefield- Vredenburg werkers

CCN Redakteur – George April

HOPEFIELD:- Kropz en Trollope Mining Services het op media-navrae van Cape Coast News (CCN) gereageer nadat verskeie voormalige werknemers kommer uitgespreek het oor hul afdanking ná die onlangse nasionale nywerheidsaksie.Volgens inligting wat CCN van verskeie voormalige werknemers ontvang het, was ongeveer 153 werknemers tydens ‘n voorval teenwoordig, waartydens ‘n senior werknemer na bewering videomateriaal van die groep opgeneem het. Die oorspronklike aantyging hou volgens die werknemers verband met ‘n beweerde oortreding van die piket-reëls.

Verskeie werknemers beweer dat slegs 27 persone, wat na bewering op die videomateriaal geïdentifiseer is, uiteindelik dissiplinêr aangekla en afgedank is. Sommige voormalige werknemers het teenoor CCN hul ontevredenheid uitgespreek en gevra waarom slegs sekere werknemers afgedank is, terwyl baie meer persone volgens hulle teenwoordig was.

Een van die afgedankte werknemers het aan CCN gesê – hy was volgens hom nie deel van die groep wat aan die betrokke optrede deelgeneem het nie.  Hy beweer dat hy bloot by die groep verbygestap het toe die video opgeneem is en dat hy later ook afgedank is.

CCN kon hierdie bewering nie onafhanklik verifieer nie, en Trollope het nie op individuele gevalle kommentaar gelewer nie.

Verskeie voormalige werknemers het ook aan CCN gesê hulle is onseker oor die huidige status van die aangeleentheid, wat volgens hulle by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) dien.

In reaksie op CCN se navraag het Kropz gesê die maatskappy beskou die aangeleentheid as ‘n interne arbeidsverhoudingsaak tussen Trollope Mining Services en sy werknemers. Kropz het verder aangedui dat daar geen statutêre verpligting was om die voorval aan die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne (DMPR) te rapporteer nie, en dat die maatskappy nie verder oor die saak kommentaar sal lewer nie.

Trollope Mining Services het in sy reaksie gesê die aangeleentheid hou verband met dissiplinêre en verwante interne prosesse wat uit die onlangse nywerheidsaksie voortspruit. Die maatskappy het aangedui dat dit nie gepas sou wees om in die media kommentaar te lewer oor die meriete van die saak, die bewyse of individuele dissiplinêre uitkomste nie, aangesien die aangeleenthede steeds onderhewig is aan interne prosesse, moontlike appèlprosesse en moontlike statutêre geskil beslegtingsprosesse.

Volgens Trollope bly die maatskappy verbind tot billike, wettige en prosedureel korrekte arbeidsprosesse en sal enige verdere interne of eksterne verrigtinge deur die toepaslike kanale hanteer word.

CCN verstaan dat die aangeleentheid nog nie finaal afgehandel is nie en sal die ontwikkelinge voortgaan monitor.

Enige nuwe, geverifieerde inligting of reaksies van betrokke partye sal in opvolgberigte gepubliseer word.

Het u inligting oor hierdie saak?

Cape Coast News (CCN) nooi enige huidige of voormalige werknemer, of enige ander persoon met relevante inligting of dokumentasie, om met ons in verbinding te tree.  Alle inligting sal verantwoordelik hanteer en, waar moontlik, onafhanklik geverifieer word voordat dit gepubliseer word.

Persone wat kommentaar wil lewer of relevante dokumente wil deel, kan die “Contact Us”-vorm op die CCN-webwerf voltooi.

Redaksionele Nota: Die aangeleentheid waarna in hierdie berig verwys word, is volgens die beskikbare inligting nog nie finaal afgehandel nie.

Cape Coast News sal voortgaan om alle betrokke partye ‘n billike geleentheid te gee om kommentaar te lewer soos nuwe inligting beskikbaar word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Deadline Triggers Protests
Next Post: Peaceful Protest Continues as Lutzville Community ❯

You may also like

Headline
Cape Town Faces 3 Days Power Outage
February 16, 2025
Headline
Bergrivier wys hoe dit gedoen moet word
July 18, 2025
Headline
Weskus Distrik Munisipaliteit – 15 de skoon Oudit
November 28, 2025
Headline
ANC Ward Councillor and Supporters Flee
June 24, 2026

Recent Posts

  • IPID and Human Rights Commission’s Silence Sparks Outrage
  • Peaceful Protest Continues as Lutzville Community
  • Kropz en Trollope reageer op CCN-navrae
  • Deadline Triggers Protests
  • Hopefield Residents Gain Clearer Picture

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown