Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

March and March-Protes Aksie

Posted on July 9, 2026July 9, 2026 By The Editor
Headline

 Kry Nuwe Momentum op Weskus ná skoonmaak-operasie 

CCN Redakteur – George C April

Langebaan:-  Die onlangse “March and March”-protesaksies teen die regering se immigrasiebeleid kry nuwe lewe op die Weskus.

“March and March-proteste gaan voort.”

Plaaslike bouers en werkers sê die Junie-skoonmaakoperasie het hulle ’n blaaskans gegee, maar baie voel die beleid bly te sag.

’n Plaaslike boukontrakteur vertel:  “Langebaan en ander Weskus-dorpe was byna oorgeneem deur onwettige immigrante in die bou- en konstruksiesektor.   Hulle was bereid om vir baie laer lone te werk.  Ná die operasie in Junie voel dit vir plaaslike werkers asof hulle hulle terrein teruggekry het.”

Volgens inwoners het buitelanders in die afgelope paar jaar groot dele van die konstruksiebedryf oorgeneem, wat druk op plaaslike werksgeleenthede geplaas het.

 – Strenger wetgewing en boetes 
Werkgewers wat onwettige immigrante in diens neem, kan nou swaar gestraf word:

– Boetes van tot  R100 000 per onwettige werker .
– Gevangenisstraf van tot  5 jaar  by ernstige of herhaalde oortredings.
– Moontlike verbeurdverklaring van bates of tydelike/permamente verbod op die aanstel van buitelanders.

Baie bouers is in die verlede beboet, maar sedert die wette strenger gemaak is, is handhawing meer aggressief.

 – Protesse kry momentum 
Die “March and March”-veldtog, wat reeds landwyd aandag trek, word nou ook op die platteland sterker.  Voorstanders eis vinniger deportasie van onwettige immigrante en beter beskerming vir Suid-Afrikaanse werkers.  Kritici waarsku egter dat streng immigrasiebeheer alleen nie die oplossing is nie – die boubedryf sukkel om genoeg plaaslike werkers te kry wat dieselfde werk vir dieselfde lone wil doen.

Die spanning tussen werksbeskerming en arbeidstekorte bly ’n warm knop op die Weskus en ander plattelandse gebiede.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Public Protector Finds City of Cape Town Failed
Next Post: Steinkopf verdeel oor beoogde oordrag ❯

You may also like

Headline
Police Uniform Stolen During House Break – Inn in Langa
September 19, 2025
Headline
Scary But True – Western Cape Drowning in Bloodshed
August 4, 2025
Headline
Body of Young Woman found Dead
March 7, 2025
Headline
Police Visibility Operations lead to Multiple Arrests in Western Cape
November 10, 2025

Recent Posts

  •  Five Changes, but is Rassie Solving the Right Problem?
  • Operation Prosper
  • Die Bokke se Nederlaag
  • Hopefield se Grootste Probleem
  • Goue Spele – vier Aktiewe en Gesonde leefstyl

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown