Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

Hopefield se SASSA-rye

Posted on July 10, 2026 By The Editor
Community

Wek kommer oor Menswaardigheid en Dienslewering

CCN Verslaggewing.

HOPEFIELD:- Inwoners van Hopefield word na bewering gedwing om reeds vanaf ongeveer 18:00 die vorige aand buite die Thusong-saal tou te staan, om die volgende oggend ‘n kans te hê om deur SASSA-verteenwoordigers gehelp te word.Volgens waarnemings deur Cape Coast News (CCN) raak dié situasie veral bejaardes, persone met gestremdhede en ander kwesbare inwoners wat ure, en in sommige gevalle die hele nag, aan die winterkoue blootgestel word.

CCN het die situasie verlede maand die eerste keer waargeneem ná ‘n vergadering by die Thusong-saal.   Hierdie week, op Woensdagaand, was daar reeds omstreeks 18:20 sewe inwoners wat buite die saal gewag het. Die volgende oggend het CCN vanaf ongeveer 06:00 meer as ‘n uur lank die situasie gemonitor en met verskeie inwoners gesels.

Volgens inwoners is dit nie ongewoon dat mense wat die hele nag buite wag, steeds nie gewaarborg is om gehelp te word nie.  Sommige beweer hulle moes al verskeie kere terugkeer sonder dat hulle beurt gekom het.

Nog ‘n aspek wat kommer wek, is die wyse waarop mense volgens inwoners toegang tot die saal kry.

CCN het waargeneem dat verskeie persone soggens uit voertuie klim en direk voor die ingang gaan staan, terwyl ander wat reeds ure of selfs die hele nag in ‘n ry langs die saal gewag het, eers moes terugstaan totdat veiligheidsbeamptes bepaal het wie mag ingaan.  Verskeie inwoners meen hierdie proses skep die indruk dat sekere mense voorkeur geniet, terwyl ander wat eerste opgedaag het, weer moet wag.

‘n Man wat reeds in April 60 jaar oud geword het, het aan CCN gesê hy word telkens huis toe gestuur sonder hulp en sal volgende maand weer deur dieselfde proses moet gaan. Benewens die wagtyd, beskryf inwoners die gebrek aan basiese geriewe as onmenslik.

Daar is volgens hulle geen geskikte skuiling vir mense wat deur die nag wag nie, en vroue word glo gedwing om agter die saal privaatheid te probeer vind wanneer hulle toiletgeriewe benodig.

Verskeie inwoners meen dit tas hul menswaardigheid aan en is nie hoe kwesbare Suid-Afrikaners behandel behoort te word nie.

‘N 70 jarige  gemeenskapsaktivis het gesê die tonele herinner hom aan ‘n tyd toe mense streng beheer is oor waar hulle mag staan en beweeg. “Ek maak geen rassevergelyking nie, maar as mens sien hoe mense wat die hele nag in die koue gestaan het steeds opdragte moet uitvoer, terwyl ander eenvoudig voor die deur aansluit, laat dit ernstige vrae ontstaan oor billikheid en menswaardigheid.”

Hy sê hy het reeds verlede maand twee raadslede versoek om die probleem onder die aandag van die relevante owerhede te bring.

Hy voeg by dat hy en ander gemeenskapslede selfs bereid is om vrywillig te help sodat inwoners gedurende die nag binne die Thusong-saal kan sit indien toestemming daarvoor verkry kan word.

“Ons vra nie vir spesiale behandeling nie. Ons vra net dat mense soos mense behandel word.”

Volgens inwoners bestaan hierdie probleem reeds sedert verlede jaar.

CCN doen nou ‘n beroep op die betrokke rolspelers om dringend met die gemeenskap in gesprek te tree.

Die publikasie versoek ‘n dringende vergadering met die betrokke SASSA-bestuur, die verantwoordelike wykraadslid,  Miarnda Schrader,  die Munisipale Bestuurder of die Uitvoerende Burgemeester van die Saldanha Bay Municipality om moontlike oplossings te bespreek.

CCN doen ook ‘n beroep op die South African Human Rights Commission om soortgelyke klagtes ernstig te ondersoek en dringend aandag te gee aan klagtes wat deur gemeenskappe ingedien word,  waar bewerings van onmenswaardige behandeling van kwesbare inwoners gemaak word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: Steinkopf verdeel oor beoogde oordrag
Next Post: Operation Prosper nets firearm and Drug Suspects ❯

You may also like

Community
Valhalla Park Incident – City Condemns Attack
September 12, 2025
Community
40 Gesinne Vasgevang in Asbeshokke
April 23, 2025
Community
Kalksteenfontein Woman Shot Dead
July 2, 2025
Community
Triple Murder Shocks Gugulethu Community
July 17, 2025

Recent Posts

  • Operation Prosper nets firearm and Drug Suspects
  • Hopefield se SASSA-rye
  • Steinkopf verdeel oor beoogde oordrag
  • March and March-Protes Aksie
  • Public Protector Finds City of Cape Town Failed

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown