Skip to content

Cape Coast News

Real life news from all over the Western Cape

  • Home
  • Write for us
  • Contact us

R500 000 Ontwettige Seelewe

Posted on September 23, 2026 By The Editor
Headline

  In Houtbaai Konfiskeer 

CCN Verslaggewer – Felicity Jooste

HOUTBAAI:- ’n 38-jarige man is Maandagoggend, 21 September,  in Houtbaai in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes glo op groot hoeveelhede kreef, perlemoen, garnale en kreef-eiers beslag gelê het.Die seelewe, met ’n geskatte straatwaarde van R500 000, is glo in plastieksakke in ’n groot vrieskas versteek.

Duiktoerusting en ’n skaal is ook gevind en gekonfiskeer.

Die verdagte is in hegtenis geneem vir ’n beweerde oortreding van die Marine Living Resources Act en sal na verwagting in die Wynberg-landdroshof verskyn. Die Departement van Landbou, Bosbou, Visserye en die Omgewing het die beslag gelêde items getel en bevestig.

Intussen het ‘n  skietvoorval in Atlantis het na bewering die lewe van ’n 26-jarige man geëis, terwyl ’n tweede persoon ernstig beseer is.

Die oorledene is volgens voorlopige inligting geïdentifiseer as Edwin Booysen (26).

CCN Online het vanoggend inligting ontvang dat ’n bekende verdagte reeds in hegtenis geneem is, terwyl ’n tweede verdagte glo deur die polisie gesoek word.

Volgens die inligting wat aan CCN verskaf is, is die tweede verdagte glo in ’n Toyota Fortuner geïdentifiseer.

Daar word verder beweer dat die polisie reeds die afgelope ongeveer drie weke inligting ontvang het oor die moontlike betrokkenheid van die verdagte wat in hegtenis geneem is by ander skietvoorvalle.

CCN Online beklemtoon dat hierdie besonderhede tans as voorlopige inligting behandel word en dat ons wag op amptelike bevestiging van SAPS oor die omstandighede van die skietery, die arrestasie en die identiteit van die tweede verdagte.

Meer besonderhede sodra dit amptelik bevestig word.

Please share with your friends:

Post navigation

❮ Previous Post: VICTORY UNITED FC – VELDDRIF
Next Post: WHEN ANONYMOUS COMMENTS CROSS THE LINE ❯

You may also like

Community
Raising SuperStar – Bryan-Jade Rhodes
June 18, 2025
Headline
Operasie Shanela Slaan Toe
July 29, 2025
Headline
It Was a Hit – Thamlyn Clarke Victim
March 27, 2025
Headline
Groot Klopjag op Onwettige Immigrante en Gekaapte Geboue
July 3, 2025

Recent Posts

  • Weskus Green Hydrogen Master Plan
  • Police Arrest Three Suspects in Separate Western Cape Incidents
  • Gemeenskap Soek Geregtigheid Vir “FARREN”
  • Suspect in Lwandle Mass Shooting 
  • HOPEFIELD

Recent Comments

No comments to show.

Archives

  • October 2026
  • September 2026
  • August 2026
  • July 2026
  • June 2026
  • May 2026
  • April 2026
  • March 2026
  • February 2026
  • January 2026
  • December 2025
  • November 2025
  • October 2025
  • September 2025
  • August 2025
  • July 2025
  • June 2025
  • May 2025
  • April 2025
  • March 2025
  • February 2025
  • January 2025

Categories

  • Community
  • Headline
  • Headlines
  • History
  • National News
  • opinion/editorial
  • Sponsored content
  • Sport
  • Uncategorized

Copyright © 2025 Cape Coast News | Privacy | Disclaimer

Theme: Oceanly News by ScriptsTown